Can’t see this mail? Click here to view it online

Ontworpen, beheerd en onderhouden door LitNet

Nieuwsbrief 106

25/03/2022

Afrikaans, Nederlands, gewoon voor iedereen

Voertaal: Breytenbach bij Sasnev

Meningen

Durende waardering en wedersydse betrokkenheid kenmerk Breytenbach se bande met Lae Lande

Willem de Vries
Meningen

Breyten Breytenbach se dekades lange en wedersyds verrykende bande met Vlaandere en Nederland was op Saterdag 19 Maart 2022 by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in Kaapstad die onderwerp van ’n vraaggesprek wat Yves T'Sjoen met hom gevoer het. T'Sjoen het pas ’n boek oor die onderwerp klaargeskryf en dit sal in Mei vanjaar verskyn.

Die klank van oorlog: Van Jerigo tot Oekraïne

Wilken Calitz
Meningen

"Wanneer die bose heers, bring dit kameraderie tot stand. Kameraderie maak van gewone mense helde. Joernaliste berig oor die ware stand van gebeure terwyl koeëls oor hulle koppe vlieg, Zelenski word staande toegejuig in die parlementsgeboue van wêreldmoondhede. ’n Dogtertjie in ’n bomskuiling sing die temalied van Frozen en word sodoende ’n simbool van jeugverset teen die Russiese invalle."

Interviews

Maaike Verrips (DRONGO): "Meertaligheid is een enorm onderschat maatschappelijk verschijnsel"

Ingrid Glorie
Interviews

"Het DRONGO talenfestival was jarenlang een begrip in Nederland: een tweedaags festival met lezingen, workshops en een informatiemarkt over de impact van taal. De coronacrisis dwong directeur Maaike Verrips en haar team tot herbezinning. Na het onverwachte succes van de online editie van 2021 is nu gekozen voor een digitaal platform over meertaligheid. Hier kunnen taalprofessionals en andere belangstellenden voortaan het hele jaar rond terecht."

Nasionale biblioteekweek: ’n onderhoud

Izak de Vries, Zephne Ladbrook, Frouwien Bosman
Interviews

Izak de Vries het in Distrik 6 by die Otto Stigting gaan kuier om uit te vind waarom nasionale biblioteekweek (14–20 Maart 2022) gevier word, waarom dit juis nou gevier word, en wat die doel van hierdie week is.

Literatuur

Meerstemmigheid uit de kolonie

Hendrik-Jan de Wit
Literatuur

"Hier blijkt dat veel schrijvers met Indonesische of Nederlands-Indische roots een heel eigen stem hebben in de hedendaagse literatuur."

Het ernstige werk van Godfried Bomans

Hendrik-Jan de Wit
Literatuur

"Een halve eeuw na Bomans' dood wordt hij nog steeds gelezen. Vooral zijn sprookjes zijn populair. Hij geldt zeker als de laatste sprookjesschrijver van de Nederlandse letterkunde ... Dat Bomans met zijn lichtvoetige stijl ook heel treffend ernstig werk schreef, bewijst de uitgave In alle ernst die rond Bomans' sterfdag is verschenen. Het boek bevat een selectie van het serieuze werk door Joost Prinsen."

Reizen

Salige sonskyndae in die Seychelle

Maryke Roberts
Reizen

"Oor vier jaar, op 29 Junie 2026, vier die Seychelle ’n halfeeu van onafhanklikheid, en dat hier ’n onafhanklike gees van vryheid, rustige saamleef en hartlikheid is, is gewis. Die 115 eilande in die Indiese Oseaan, oos van Afrika, het vandag ’n sterk ekonomie; bewaring is hoog op die agenda; en toerisme is een van die grootste werkverskaffers. Die natuurskoon is werklik poskaartmooi en die wit strande, palmbome, kokosneutdrankies en rustigheid wat in jou kuite kom nesskop, is eg," skryf Maryke Roberts.

Theater

Broodnodige teater: ’n amper-resensie van Contested bodies or Doctor James Barry, Lord Charles Somerset and I

Izak de Vries
Theater

"Moenie tradisionele teater verwag nie; beslis ook geen stigtelike oomblik nie. Tog: Die kostuums is beeldskoon. Die spel is verstommend. Hoewel jy van een historiese oomblik na die ander gegooi word, is die lyn maklik om te volg."

In het nieuws

Ramaphosa sê Suid-Afrika is oop vir besigheid

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Oor Eskom se aanhoudende beurtkrag wat beleggersvertroue ernstig in die wiele ry, het president Cyril Ramaphosa gesê hy besef dat geen ekonomie sonder betroubare elektrisiteitsvoorsiening kan funksioneer nie. Daarom word daar nou die mees uitgebreide transformasie van die energiesektor in byna ’n eeu onderneem."

Oorlog in Oekraïne ruk Suid-Afrikaners se sakke

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Nadat dit agt maande lank konstant gedaal het, het die jaarlikse brood- en graaninflasie in Februarie tot 3,7% gestyg van 1,5% in Januarie. Hierdie kategorie sluit graangebaseerde voedsel in wat van koring, rys en mielies gemaak word. Die maandelikse verandering was ook beduidend."

Koninklike slaapplek vir vlugtelinge, skoon energie, musiek en motorongelukke

Milton Webber
In het nieuws

"Vlugtelinge uit Oekraïne mag binnekort koninklik ontvang word; ’n besonderse energiepark begin krag opwek; verskeie mense is dood in twee motorbotsings; en die Arvo Pärt-fees word luisterryk afgeskop."

ActionSA gee Makhosi Khoza die trekpas

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Makhosi Busisiwe Khoza, wat tydens die munisipale verkiesing ActionSA se burgemeesterskandidaat vir eThekwini was, is onlangs deur die party in die pad gesteek."

Poskantoor op ’n "hopelose pad na nêrens"

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Intussen het die voormalige uitvoerende hoof van die omstrede posmaatskappy, Mark Barnes, vroeër aangebied om ’n deel van die groep te koop in ’n poging om te help om dit na sy vorige glorie terug te bring."

Poetin se vreemde Suid-Afrikaanse bedmaats

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Twee van die land se mees omstrede en uitgesproke Afrikaners aan teenoorgestelde pole van die politieke spektrum, Carl Niehaus van die Zuma-faksie in die ANC en Dan Roodt wat hom vir ’n Afrikaner-volkstaat beywer, deel skynbaar ook ’n bewondering vir Poetin en weersin in Westerse regerings wat Oekraïne steun."

Koebaai koronamaatreëls!

Milton Webber
In het nieuws

"Die kabinet in Nederland het onlangs besluit om alle verpligte koronamaatreëls af te skaf; Nederland is by die stembus; verligting kom vir armer mense terwyl meer mense petrol steel en ’n waardevolle skat uit ’n vorige oorlog ontdek."

ANC se faksiegevegte steek die land aan die brand

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Volgens die verslag beskik president Cyril Ramaphosa nie oor die vermoë om die groeiende burgerlike onrus te bekamp nie, aangesien die faksies in die ANC met mekaar meeding om invloed, posisies en staatskontrakte."

Over taal

Persvrystelling: Uitnodiging tot ’n gesprek oor Afrikaans in ’n internasionale verband

Voertaal
Over taal

Conrad Steenkamp (Afrikaanse Taalraad): Hiermee ’n uitnodiging om deel te neem aan ’n inisiatief wat daarop mik om internasionale Afrikaanse inisiatiewe beter te koördineer. Watter inisiatiewe word deur watter persone of instansies met watter middele in stand gehou? Wat doen hulle en op watter teikengroepe mik hulle? Tot watter mate word reeds met instellings in Suid-Afrika en Namibië gekoördineer of saamgewerk?

Mens en dier

Vra die veearts: Jack Russell treur

Marianne Lomberg
Mens en dier

Paula skryf: "Ek het ’n pragtige Jack Russell. Ek het ook ’n Boston-terriër gehad en ’n African Grey-papegaai. Die terriër is vyf dae na die papegaai dood. Ek het geen idee waarom nie. My probleem is dat die Jack Russell nou aan my klou." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Optelkatjie se been is af

Marianne Lomberg
Mens en dier

Kobie skryf: "Ons het ’n katjie opgetel toe sy omtrent vier weke oud was. Haar een been is af net bokant haar knie. Ons wil haar nie heeltyd in die huis hou nie." Lees Marianne se antwoord.

Nu op LitNet

’n Onderhoud met Jerzy Koch oor Pole, Rusland en Oekraïne

Jerzy Koch, Naomi Meyer, Izak de Vries
Onderhoude

"Ons het op 12 Maart agt oorlogsvlugtelinge uit Oekraïne ontvang: vyf volwassenes en drie kinders. Hulle is gehuisves in ons ou woning (wat die ouer seun verhuur het om sy lening af te betaal en waar daar toevallig sedert die vorige maand geen huurders was nie). Hulle is tweetalig Oekraïens-Russies; een praat ook Engels, die ander Frans, opgeleide mense – twee aptekers, een hidrogeoloog en een dermatoloog."

Wat Hobhouse ons van Oekraïne kan leer

Elsabé Brits
Seminare en essays

"Uiteindelik is dit unieke mense en groepe wat in oorlog en in die lyding daarna ’n verskil maak in ander se lewe. Dis 'radikale mense' soos Hobhouse."

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet (en Voertaal) se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s (and Voertaal’s) articles on the war in Ukraine.

Voertaal: Jou hoogtepunte

Voertaal
Nieuwsbrief

Hierdie is die eerste nuusbrief (Deel I) wat Voertaal se driejarige bestaan vier.

Voertaal: Jou hoogtepunte ‒ Deel II

Voertaal
Nieuwsbrief

Lees die tweede nuusbrief (Deel II) wat Voertaal se driejarige bestaan vier.

Volg Voertaal ook op Facebook!

Voertaal

Like Voertaal op Facebook en blijf op de hoogte van al onze artikelen.

Voertaal: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice

Voertaal
Over Voertaal

Voertaal wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | Voertaal would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.

Contact

voertaal@voertaal.nu

+27 (0) 21 886 5169


© 2022 LitNet. Alle rechten voorbehouden | All rights reserved