Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Kobie skryf:
Ons het ’n katjie opgetel toe sy omtrent vier weke oud was. Haar een been is af net bokant haar “knie”.
Is daar enige iets wat ’n mens kan doen om die wond beter te maak? Dit lyk of dit partykeer stukkend gaan, veral as sy buite is.
Ons wil haar nie heeltyd in die huis hou nie. Sy is nou so 12 weke en word in Maart gesteriliseer.
Kan so iets dan ook gedoen word terwyl sy onder narkose is om haar nie twee keer te traumatiseer nie?
Beste Kobie
Ek het self ’n driebeenkatjie! (Sien foto hier bo.) Sy kom vreeslik goed oor die weg sonder eers ’n stukkie van haar af been. Haar been is in die heuppotjie afgesit, dus is daar geen stukkie oor wat seer kan kry terwyl sy speel nie. In jou katjie se geval is dit dalk ook moontlik, hoewel jou veearts jou raad kan gee oor of dit maklik tydens dieselfde narkose gedoen kan word of nie.
Sommige ortopediese operasies is gespesialiseerd en kan dalk beter apart gedoen word. Maar jou kleinding sal lank en gelukkig met drie bene kan leef.
Groete
Marianne
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?
Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie
Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?
Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?