Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Elmarie skryf:
Goeienaand.
My Spanjoelhond het bal gespeel en ek dink hy het sy been seergemaak. Hy loop half kruppel en huil ook as hy partykeer op sy voorbeen trap.
Sy been buig en maak reguit, so dis nie gebreek nie, maar dit is definitief in die lid en nie onder die voet nie.
Kan u dalk raad gee wat om te doen?
Baie dankie
Elmarie
Beste Elmarie
Gewrigte kan maklik seerkry wanneer honde lekker speel. Die eerste en beste raad is om die gewrig te laat rus. Indien hy teen die volgende oggend niks beter is nie, stel ek dan voor dat jy hom veearts toe vat vir verdere ondersoek. Afhangend van watter gewrig aangetas is, sal die veearts dalk pynstillers gee, of anders aanraai dat julle ’n x-straal moet neem om seker te maak dat daar nie ’n klein stukkie been afgebreek het nie. Spanjoelhonde het ook een of twee genetiese probleme met hulle elmboë en skouers, wat soms ewe skielik seer kan raak, maar jou veearts sal alles kan verduidelik gebaseer op hoe die gewrig na ’n dag se rus voel.
Laat weet wat gebeur het, as jy nie omgee nie?
Marianne
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?
Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie
Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?
Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?
Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit
Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep
Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?
Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt
Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm