Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Etienne skryf:
Interessant sou wees om meer te hoor oor honde in Europa vs honde in Suid-Afrika, met die leefruimtes wat so verskil.
Ek sien so dikwels in daardie groot stede groot, depressiewe diere aan kort leibande op pad terug na hul huis, na ’n klein vloerspasie sonder son en grasperk waaroor hulle lang hale kan gee. Presenteer sulke honde met ánder siektes?
Etienne, dit is ’n wonderlike vraag! En ek moet bieg, ek is ’n Suid-Afrikaanse teef wat ’n dekade in Europa deurgebring het en die sonlig gemis het!
Honde geniet sonskyn en spasie om te speel, maar interessant genoeg het groot honde nie altyd meer spasie nodig as klein hondjies nie. Trouens, enige hond met “terriër” as ’n van het meer spasie nodig as die meeste groot honde. Dus is ek as gedragskundige en veearts minder bekommerd oor ’n Great Dane in ’n woonstel as wat ek is oor ’n Jack Russell-terriër.
’n Ander voordeel wat Europese honde in woonstelle het, veral op die oomblik, is dat hulle naby hulle mense kan leef. Honde is kuddediere en smag na kontak. ’n Hond wat heeldag langs sy pa of ma se lessenaar kan lê, is gewoonlik gelukkiger as een wat alleen in ’n groot tuin is.
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit
Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep
Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?
Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt
Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm