Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Mariana skryf:

Wil graag uitvind wat ons kan doen om ons twee worshonde saam met ons te laat stap. Hulle is byna 17 maande oud. Ons het puppy training gedoen met hulle, maar kan nie gaan stap met hulle nie. Hulle is baie angstig en beur so vorentoe ons moet omtrent draf om by te bly. Die een is net heeltyd neus in die grond en tjankblaf al die pad. Ons woon in Midrand, Johannesburg. Kan jy dalk iemand aanbeveel wat ons kan help met hulle, asseblief?

 

Mariana, dis ’n blink idee om met iemand spesifiek te werk wat hulle kan leer om beter aan ’n leiband te loop. Maar dis ook vir my lekker om te hoor hoe hulle vorentoe beur, want worshondjies (in hulle oorspronklike taal dachshunde) is natuurlik geteel om te jag! Wanneer julle gaan stap, dink hulle dus hulle moet gaan werk!

So hulle gedrag is heeltemal normaal vir hulle ras, maar ’n  gedragskundige kan hulle leer om rustiger te stap. Jou veearts sal jou in kontak kan stel met ‘n gedragskundige naby julle wat vertrou kan word.

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top