Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Jeanine skryf:
Goeienaand. Ek het die Brandbach Sport Horse-stoet. Ek het so baie vrae en wonder so baie wat my pêde te sê het. Dit is vir my verskriklik moeilik om hulle te verkoop. Ek wens jy kan altyd hier wees dat ek kan weet of hulle happy sal wees met die mens en met hul nuwe toekoms. Sal jou graag wil nooi om te kom kuier.
Beste Jeanine
Die beste telers voel soos jy! In die VK en in die VSA is daar redelik baie honde- en perdetelers wat eers die nuwe eienaars leer ken voor hulle instem om hulle diere te verkoop. Trouens, meerdere telers het ’n klousule in die verkoopkontrak wat die nuwe eienaars vra om die diere vir die teler terug te gee indien enigiets gebeur wat beteken dat hulle self nie die dier kan hou nie.
Van my telervriende sê vir my dit help hulle om rustiger te wees na hulle diere hul nuwe lewens elders begin.
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm