Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

  • 0

Abby jeuk, Lulu kry aanvalle. (Foto's gestuur deur Ronel.)

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Ronel skryf:

Wil graag uitvind oor my hondjies. Abby jeuk, Lulu kry aanvalle. Hier is foto’s. Kan julle meer van hulle sê?

 

Beste Ronel

Terwyl dit vir my as troeteldiereienaar ook fassinerend is hoe sommige mense konneksies kan maak met diere, is ek geneig om meer tradisionele metodes te gebruik vir kleingoed wat fisiese probleme het soos gedurig jeuk of epileptiese aanvalle. Gelukkig kan meeste veeartse jou daarmee help.

Vir Abby wat jeuk, sal ons die vel fynkam om te sien of daar dalk ’n mikroskopiese infeksie is of andersins ’n allergie.

Vir Lulu sal hulle waarskynlik begin deur te kyk na haar bloed om te sien of ’n nier- of lewerprobleem die aanvalle kan veroorsaak, en of dit ’n meer tipiese epilepsie is, soos ons ook baie in mense sien.

Ek dink altyd so daaraan: Om met diere te kan kommunikeer is werklik ’n fenomenale gawe, maar wanneer die probleem fisies is, en iets is wat ek as menslike pasiënt nie sonder die hulp van my dokter kon uitpluis nie, kan ek ook nie verwag dat diere weet wat fout is nie.

Ek het trouens ’n paar jaar terug ’n paar keer flou geword. En ek is onmiddellik dokter toe om bloedtoetse te laat doen, want al sou ek vir jou kon sê dat ek floutes kry, het ek nie geweet hoekom nie. Ek het ook in 2019, na ek in Tanzanië was om daar met hoender- en varkboere oor hulle diere te praat, ’n verskriklik jeukerige uitslag gekry, en ek kon werklik nie vir jou sê of dit ’n parasiet of ’n allergiese reaksie was nie. My dokter en sy mikroskoop moes my help. Dis waarskynlik dieselfde vir Lulu en Abby.

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top