Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Diedre Wessels skryf:
My Jack Russell wat in Desember 8 jaar oud sal wees, is ewe skielik doof. As ek op ’n grondpad ry, maak hy my mal met ’n kermgeluid. Hoe kan ek hom help?
Beste Diedre
Wat heelwaarskynlik hier gebeur, is dat hy nie 100% doof is nie, maar die meeste van sy gehoor verloor het. Nou begin hy gewoond raak aan die oorblywende geluide, wat amper soos klankskaduwees kan wees. Dis ook moontlik dat honde, soos mense, soms nog baie hoë of baie lae klanke kan hoor ná hulle gehoorverlies begin ontwikkel het.
Dit beteken dat jou Jackie dalk klanke hoor wat nou vreemd klink omdat hulle so anders klink as vantevore.
Die beste raad wat ek kan gee is om te eksperimenteer met oop of toe vensters, met harder of sagter musiek, totdat jy ’n kombinasie kry wat hom minder pla.
Sterkte!
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.