Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

  • 0

 

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Aletta Viljoen skryf:

Ek het twee Jack Russells en foxies aangeneem. Hulle het verskriklik baie energie (soos ’n Energizer-battery wat glad nie pap loop nie). Maar ek lief die energie. Maar Boetie is baie domineering en boelie vir Sussie. Hy wil graag vir almal laat weet hy is die seuntjie van die huis. Hulle is amper een jaar oud. Maar hulle is baie stout. Ek wil graag hoor of iemand met hulle kan kom praat en vra dat hy ophou om so ’n boelie te wees, ophou stout wees en ook Ma en Pa se bed oorneem in die aand.

 

Beste Aletta

Ek het baie goeie nuus! Julle kan self ook na hom toe deurdring! Hondjies van omtrent een jaar oud is soos mense van omtrent agtien – hulle begin voel hoe dit voel om volwasse te wees. Dit beteken hy sal oor ’n  paar maande rustiger word, maar opleiding help ook baie. Die rasse wat jy gekies het, is baie intelligent en dit maak hulle stouter, tensy hulle breine iets anders het om aan te werk. Hondeskool sal hulle rustiger maak by die huis omdat hulle op iets anders moes konsentreer.

En indien hy nie al klaar gekastreer is nie, sal kastrasie definitief help om vir Boetie ’n  bietjie kalmer te maak.

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top