Vra die veearts: Epilepsie

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Sandra skryf:

Goeiedag. Wil graag met ’n diereprater kontak maak oor my dachshund wat skielik begin seizures kry het, alhoewel die veaarts niks in bloed kon optel nie.

 

Beste Sandra

Wat ons epilepsie noem, het eintlik die wetenskaplike naam idiopatiese epilepsie. Dit beteken dat bloedtoetse en ander oorsake uitgesluit is. Idiopatiese epilepsie kom in mense ook voor, en gelukkig is daar baie maniere, insluitend gebruik van die regte kos, en medikasie, wat jou worshondjie kan help.

Jou veearts kan meer verduidelik oor die kosse en medikasie wat beskikbaar is. Net soos epileptiese mense, kan ook epileptiese honde lang, gelukkige lewens lei.

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top