Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Ria Vuuren skryf:

My 7-jarige JR-tefie raak histeries as ek die huis verlaat. Sy raak so erg dat sy my byt. Het al alle remedies gebruik. Niks werk nie. Help asseblief.

 

Beste Ria
Baie dankie dat jy ons hieroor gekontak het. Enige dier wat mense byt, is onmiddellik iets wat 'n veearts bekommer. Ons het in vorige rubrieke gesels oor skeidingsangs, 'n kondisie wat honde laat dink hulle wêreld gaan disintegreer wanneer hulle eienaars die huis verlaat. Aggressie is nie 'n tipiese simptoom van skeidingsangs nie, so as 'n veearts vermoed ek onmiddellik dat hier iets anders aan die gang is as eenvoudige skeidingsangs.

Ria, vir jou eie veiligheid en om seker te maak dat jou hondjie die beste sorg kry, sal ek voorstel dat jy met jou veearts gesels hieroor en begin deur seker te maak dat sy nie êrens seer het, of dalk begin doof of blind raak nie. Ons moet die oorsake van paniek en aggressie probeer uitskakel voor ons haar begin behandel vir 'n gedragsprobleem, beide vir haar onthalwe en vir joune.

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top