Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Estelle Rigg skryf:
Indien moontlik – kan iemand ons help om ons drie groot honde in vrede saam te laat wees? Ons het die erf opgedeel, maar dit is baie moeilik. Groot, groot asseblief – indien iemand met hulle kan kom gesels sal ek lekker koffie maak. Dankie.
Beste Estelle
Koffie klink heerlik! Maar as honde sukkel om saam te leef kan daar meerdere oorsake wees en is dieper kennis dalk nodig. Een van die redes hoekom honde sukkel om saam te leef is dat hulle hul plek binne die trop probeer vasstel. Gekastreerde honde leef oor die algemeen makliker saam in sulke omstandighede. Maar sommige rasse honde hou ook minder van ander honde.
Die heel beste sal wees om jou veearts te vra om jou in kontak te sit met ’n gedragskundige in julle area wat na die honde kan kom kyk en jou individuele raad kan gee.
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt
Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm