Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Madelaine van Heerden skryf:

Ons troetelkapokhoenderhen lyk of sy die heeltyd sluk. Sy “adjust” ook nie meer haar krop nie. Sy doen dit nou al vir drie weke.

Ons veearts het erken dat sy nie veel van hoenders af weet nie. Dit is bitter moeilik om te kyk of daar dalk iets in haar keel vassit. Daar is niks in haar keel wat ons kan sien nie. Sy eet en drink normaal, maar sluk die heeltyd.

Enige advies sal baie welkom wees.

Baie dankie.

 

Beste Madelaine

Is kapokkies nie die beste troeteldiere nie? En dis net so hartseer as een van hulle seerkry as wanneer dit ’n hond of kat is.

Die simptome wat jy beskryf, kan ’n paar oorsake hê. Een is ongelukkig dat sy iets ingesluk het wat letterlik dwars in die krop steek. Dit sal ’n spesialisoperasie benodig. So kom ons kyk pragmaties na die ander oorsake voor ons so iets doen.

Twee ander moontlikhede is gelukkig makliker om te behandel:

Een is wurms wat gewoonlik in die dermkanaal leef, maar per ongeluk in die krop beland het. Die tweede is ’n bakteriële of gisinfeksie in die krop. Jou veearts behoort jou met ’n ontwurmingsmiddel vir hoenders te kan help, en indien dit nie werk nie, dan ’n kort kursus antibiotika wat aktief is in die dermkanaal.

Hoenderchirurgie gebeur wel in Suid-Afrika! Maar hopelik is haar probleem makliker om op te los as dit.

Sterkte!

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top