Vra die veearts: Een slagtand wil nie uitkom nie

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Anerie skryf:

Môre. Ek het ’n Duitse herdershond. Sy is nou 9 maande oud. Haar een slagtand in die onderkaak regs wil nie uitkom nie. Daar steek slegs ’n puntjie uit. Die ander slagtand is uit en die boonste twee.

Wat kan die rede wees?

Groete

Anerie Strauss

 

Beste Anerie

Ouers van menslike kinders kan hiermee simpatiseer! Nes ons, kan honde ook probleme hê met hulle gebit. Gelukkig hoef hulle gewoonlik nie draadjies te kry nie! Maar dis moontlik dat die tand wat vassit, probleme kan veroorsaak later in jou hond se lewe. Wat ek dus aanraai, is om haar by ’n veearts te kry wat x-strale kan neem van haar tande. Nie slegs spesialiste nie, maar ook redelik baie groter praktyke het die toerusting daarvoor. Met so ’n x-straal kan hulle bepaal of die tand skeef groei en later probleme kan veroorsaak vir ander tande of nie.

Dis nie altyd nodig om so ’n tand uit te trek nie, net indien hy later pyn of probleme met kou gaan veroorsaak.

Dit sal lekker wees om te hoor wat die uitkoms is!

Groete
Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie

Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Vra die veearts: My hond het harde knoppe op sy lyf

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag

Vra die veearts: Die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring

Vra die veearts | Honde in Suid-Afrika vs honde in Europa

Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top