Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Leonie skryf:
Goeienaand
Ons twee honde is al vandat hulle babas was, op Eukenuba. Hulle is beide agt jaar oud, baie gesond en sterk, wat ek beslis toeskryf aan dié soort kos.
Ongelukkig is my man op vroeë pensioen geplaas en kan ons nie meer die kos bekostig nie. Ons is radeloos omdat ons nie seker is van ’n goedkoper opsie wat darem steeds die nodige voeding sal gee sonder nagemaakte kleurstowwe en produkte wat skadelik mag wees nie.
Ek sal dit waardeer indien u ’n aanbeveling kan maak asseblief.
Groete
Beste Leonie
Ek is so jammer om te hoor dat dinge finansieel knap is, en baie dankie dat julle so hard dink aan julle hondekinders, selfs op hierdie moeilike tye. Eukanuba is baie goeie kos, en hoewel dit dalk ’n paar probeerslae sal vat om by die beste alternatief uit te kom, dink ek julle sal wel iets kry wat plaaslik vervaardig word en as gevolg daarvan minder vervoerkoste dra en dus soortgelyke voedingswaarde teen ’n billiker prys kan bied.
Daar is ’n heel paar goeie plaaslike handelsmerke, maar een wat ek persoonlik goed ken, is Nutribyte: https://www.nutribyte.co.za.
Net soos Eukanuba, is Nutribyte deur ’n veearts geformuleer, maar dit word hier in Suid-Afrika gemaak uit plaaslike bestanddele, en hulle het ’n lekker reeks om uit te kies sodat jy iets kan kry waarvan jou woefs hou. Skakel altyd die kos geleidelik oor deur die twee vir drie of vier dae met mekaar te meng. Na so ’n week of twee behoort jy te kan sien of jou hondjies gelukkig is met hulle nuwe kos.
Marianne
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie
Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?
Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?
Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag
Vra die veearts: Die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring
Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?
Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit
Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep
Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?
Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt
Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm