Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Magdel van Vuuren skryf:
Goeiemiddag
My hond, Oscar, het twee harde knoppe op sy lyf. Een is aan die sagte vleis van sy boud. Dit is los aan die binnekant, net onder die vel, maar hard. Ongeveer ’n R5-muntstuk-grootte. Die tweede een is op sy rugstring, na die boude se kant. Dit is vas aan die rugstring, maar hard, groei stadig en is ongeveer ’n 20c-muntstuk-grootte en ook hard.
Ek woon op ’n plaas en is ver van ’n veearts af. Ek wil weet of dit gevaarlik kan wees en moet ek hom na ’n veearts toe vat?
Groete
Magdel
Beste Magdel
In hierdie geval is die groot trek na jou veearts toe definitief nodig. Sommige honde, soos pitties, is ongelukkig relatief geneig tot kankers van verskeie soorte, en sonder om ten minste ’n naald in die knoppe in te steek en onder die mikroskoop na die selle te kyk, is dit onmoontlik om te sê of die gewasse kwaadaardig is of nie. Selfs piepklein gewasse van sekere soorte kan vinnig deur die lyf versprei. So, hoe gouer jou veearts jou hond kan ondersoek, hoe groter is sy kans op ‘n goeie prognose.
Sterkte
Marianne
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag
Vra die veearts: Die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring
Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?
Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit
Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep
Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?
Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt
Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm