Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Daphne Becker skryf:

Hallo Marianne

Ek het deur LitNet op die interessante Voertaal-diens afgekom. Ons mini-pinscher het ’n swart plekkie op sy penis gekry (boonste foto).

Dit lyk soos ’n bosluis, maar is nie ’n bosluis nie. Aan die anderkant is ’n swart vlek (onderste foto). Ons wonder wat dit kan wees. Moet ons hom (ons liewe Tobbie) veearts toe vat? Hy is 14½ jaar oud.

Baie dankie dat ek hierdie vrymoedigheid kan neem. 🙂

Groete 

Daphne Becker 

 

Beste Daphne

Ek is so bly dat jy Voertaal geniet! Dis heerlik om saam te kan gesels oor dinge wat vir ons almal belangrik is.

En gepraat van dinge wat belangrik is, jy is reg om bekommerd te wees oor die rooiswart kolletjies. Nes mense, kry ook honde velkankers, en die kolletjies in jou foto lyk of hulle moontlik ’n tipe velkanker kan wees. Gelukkig is uitsny van kleinerige kolle soos dié ’n klein prosedure wat baie min pyn veroorsaak. Maar dis beter om veilig te speel, veral met ’n ouer woef.

Vir ander honde-eienaars: Die volgende is dinge om voor uit te kyk:

  • donker kolle of swartrooi vratte
  • sagte knoppies wat jeuk of maklik groter en kleiner word
  • plekkies waar die vel stukkend raak, amper soos 'n seerplek maar sonder dat jou hond homself beseer het.

Veeartse kan vinnig sê of iets moontlik ’n probleem is, en met ’n baie klein operasie kan hulle die letsel uitsny en in ’n laboratorium laat toets, waarna hulle beter raad oor behandeling kan gee. Goeie nuus: Mits dit vroeg gevang word, kan velkanker in honde heeltemal genees word.

Sterkte!

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts | Honde in Suid-Afrika vs honde in Europa

Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top