Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Sulet Linde skryf:

Ek lees nou die dag raak dat mens vir jou hond appelskywe en wortels moet gee, want dit is goed vir hulle. Hoe dan nou? Ek kan my nie indink dat ’n hond ’n wortel sal wil eet nie? 

Is honde nie karnivore nie, ’n tipe roofdier wat net vleis eet nie?

Ek het wel al gehoor dat mens nie jou hond aartappel moet gee nie, en pekanneute is glo giftig vir honde, maar ons het twee pekanneutbome op ons werf en my hond het nog niks oorgekom nie.

Groete 

Sulet

 

Sulet, wat ’n lekker vraag!

Jy is reg – in die wildernis is honde se voorvaders jagters wat vleis eet. Maar hulle skeur ook die pense van hulle prooi oop om by die halfverteerde gras en blare uit te kom, dus eet hulle selfs in die wildernis tog “slaai” by hulle biefstuk! Verder is honde vreeslik lief vir teksture, en hulle hou wel van die smaak van verskeie groentes en vrugte. Dis nie nodig vir ’n hond wat op ’n goeie kommersiële dieet is nie, maar ‘n skyfie appel (met die skil aan vir ekstra vesel) of ’n wortel is ’n lekker versnapering vir hulle, en dit help ook om hulle tande skoon te hou! ’n Lekker natuurlike alternatief vir gekoopte hondekoekies as ’n lekkerny.

Wanneer dit kom by dinge wat vir honde gevaarlik is, is daar klaarblyklik genetiese verskille tussen individue. Avokado’s, druiwe en sommige neute is vir baie honde dodelik, terwyl ander dit sonder probleem kan eet. Ons sal binnekort ’n “Vra die veearts” wy aan mensekos wat vir honde gevaarlik is, maar intussen dink ek jy kan gerus vir jou hond ’n stukkie wortel voer, en indien hy dit alles klaar eet sonder newe-effekte, behoort jy rustig te kan slaap ten spyte van die pekanneute in jou tuin.

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag

Vra die veearts: Die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring

Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

Vra die veearts | Honde in Suid-Afrika vs honde in Europa

Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top