Vra die veearts: Die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Elizna skryf:

Goeie more Marianne

Ek bly op ’n plaas en die werkers het gister na my toe gekom en vir my ’n babasteenbok gegee. Baie swak en maer. Ek het vir haar melk begin gee (Neweanpro met ’n eiergeel gemeng).

Ek kon haar gisteraand 70 ml gee en toe vanoggend was sy honger en het 120 ml gedrink. Ek het net ’n spuit, maar wil vandag na werk ’n tiet vir ’n bottel gaan koop.

Watter tiet sal geskik wees?

En hoeveel keer moet ek vir haar melk gee en hoeveel?

Ek het geen idee hoe oud sy is nie.

Ek het ook ’n stukkie watte gedoop in warm water gebruik om haar te help om te piepie en poef (soos ek weet die ma sou gedoen dit).

Ek sal asseblief hulp waardeer.

Hallo Elizna

Ag, wat ’n pragtige gesiggie!

En ek is baie bly dat jy gevra het wat die beste is, want nie alle bokkies het dieselfde melk nie. Steenbokkies kan binne 'n paar uur na geboorte staan, maar hulle word eers op drie maande gespeen – dis slegs drie maande voor hulle self mammas kan word!

Steenbokkies steek hulle kleingoed vir die eerste paar weke van hulle lewens weg, wat beteken hulle kan nie so gereeld soog soos spesies wat heeldag saam is nie. Om te vergoed vir die minder gereelde voeding is die steenbokkiemelk hoër in proteïne as die meeste ander melkdiere s'n.

Ek dink dus dat jou idee van ’n rou eier byvoeg, baie goed is. Maar omdat hulle so lank soog, is dit ook goed om gereeld vars blare en water aan te bied.

Indien jy bokmelk in die hande kan kry en dit met ’n rou eier kan meng (een eier per 500 ml), is dit waarskynlik nog nader aan die samestelling van die ma se melk.

Diertjies wat weggesteek word, word gewoonlik elke vier uur of so gevoed.

Jy kan by ’n veearts of troeteldierwinkel melk vir klein hondjies en katjies koop, en die meeste handelsmerke gee ’n bottel en tepel saam. Ek hou persoonlik van Royal Canin se bottel en tepel, omdat dit ’n gepaste grootte en sagtheid is vir klein bekkies.

En probeer dan om altyd vars blare, gras en water aan te bied sodat sy self kan begin eet.

As ’n veearts moet ek wel noem dat dit maklik is vir klein diertjies om tekorte te ontwikkel, dus indien jy jou bokkie by ’n wildreddingsentrum kan ingee, sal ek dit aanraai. Indien julle in die wildernis is, is jou sorg definitief ’n goeie opsie vir die kleinding!

Maar dit is die moeite werd om vir jour plaaswerkers te verduidelik dat klein steenbokkies se ma’s nie noodwendig dood is nie – hulle steek die kleingoed doelbewus weg om hulle veilig te hou.

So die volgende keer wat hulle een sien, kan hulle vir jou laat weet, maar die kleinding net daar los. Ma sal waarskynlik terugkom om haar te voer!

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

Vra die veearts | Honde in Suid-Afrika vs honde in Europa

Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top