Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Rob van Halem skryf uit Groningen:
In Nederland is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts. Is daar in Afrikaans geen verskil tussen die twee nie?
Rob, wat ’n interessante vraag!
In Afrikaans is ’n diere-arts (wat meer fokus op geselskapsdiere) en ’n veearts een en dieselfde. Die woord veearts is deur dr Arnold Theiler gebruik toe hy die eerste Suid-Afrikaanse veeartsopleidingsentrum gestig het.
Intussen het die meeste Europese opleidingsentra begin om studente te vra om in geselskapsdiere te spesialiseer (as “diere-artse” dus) of in produksiediere – klein- of grootvee of pluimvee (dus as veeartse).
Ek voel bevoorreg om in Suid-Afrika ’n veearts te wees wat vir alle spesies kan sorg.
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag
Vra die veearts: Die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring
Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?
Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit
Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep
Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?
Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt
Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm