Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Anna Hanekom skryf:
Hi. Ek het ’n 8 maand oue Jack Russelltjie. Sy wil niks anders as tafelkos, vleiserig, eet nie. Haar hondepellets sal staan – sy sal dit nie eet nie. Al gooi ek wat oor.
Baie dankie.
Anna Hanekom
Beste Anna
Ja nee, Jackies is net so slim soos mensekinders! Om hondjies te kry om gesonde kos te eet, is soms net so moeilik soos om ’n kleuter te kry om stil te sit!
Een wenk wat ek kan gee, is om vir haar droë hondekospille aan te bied as nagereg. Ek weet dit klink vreemd, maar watter kind wil nie meer nagereg eet nie? Laat haar dink dat die pille iets baie spesiaal is. Goeie handelsmerke soos Royal Canin, Hills of Acana is ‘n goeie plek om te begin, want hulle smaak natuurlik lekker as gevolg van die hoëkwaliteitbestanddele wat hulle gebruik.
Marianne
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?
Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?
Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag
Vra die veearts: Die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring
Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?
Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit
Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep
Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?
Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt
Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm