Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Amanda skryf:
Goeiemiddag.
Ek het Sondagmiddag vir my hond vlooimedikasie gegee – Bravecto. Dit was die koubare tablet (1 000 mg).
Die pakkie het aangedui dat die medikasie 8 tot 12 uur vat om te begin werk. Ek het dit so 1-uur Sondagmiddag vir hom gegee.
Maar teen Maandagmiddag het hy nog steeds gekrap en daar was nog steeds vlooie op hom.
Ek weet vlooie het ’n siklus. Ek wil net graag weet hoe werk die medikasie en hoe lank sal dit vat voordat my viervoet verligting sal hê?
Sy vel is al rooi gekrap.
Ek hoor graag van u.
Vriendelike groete
Amanda
Beste Amanda
Ai foeitog, daar is min dinge erger as ’n kleinding wat jeuk! En Bravecto is baie goed, maar ongelukkig net vir vlooie wat op jou hond is. Het jy geweet dat tot 90% van vlooie in die huis is en slegs 10% op jou diere? Bravecto maak wel vlooie dood wat byt, maar indien julle klaar ’n infestasie het, is die beste ding om te doen om die beddegoed waarin sy slaap te was, en indien sy binne bly, om ook al die matte behoorlik te stofsuig. Die Bravecto is baie goed en sal haar vir etlike maande beskerm, maar die plek om die infestasie te takel, is in die huis.
Indien julle baie matte het, of ekstra veilig wil wees, kan jy ook vlooipoeier op die matte sprinkel voor jy stofsuig. Dan kan die vlooipoeier sommer aanhou werk binne die stofsuier se sak.
Groete
Marianne
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?
Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie
Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?
Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?
Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag
Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit
Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep
Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?
Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt
Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm