Vra die veearts: My hond eet nou wortels

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Cornelia skryf:

Hallo Marianne

Ek het ’n chihuahuahondjie ('n mengsel) en haar lewer het skade gekry deur ’n bosluisbyt wat kwaai infeksie veroorsaak het.

Sy is nou baie beter en is op leweraanvullings (Essentiale extreme en milk thistle). Maar nou het sy van gister af kwaai begin rou wortels eet. Sy wil nie ophou eet nie. Sy soek aanhoudend nog.

Sy het nooit tevore wortels geëet nie.

Is dit dalk ’n tekort aan iets?

Sy is ook op Hills se hondekos, die “derm complete”.

 

Beste Cornelia

Die oorgrote meerderheid honde wat aan vreemde dinge begin knaag, het nie ’n tekort aan ’n voedingsstof nie, hulle geniet net die smaak of die tekstuur. Trouens, ek stel gereeld voor dat eienaars van klein hondjies wat vertand vir hulle vars, of gevriesde, wortels gee om aan te kou om die jeuk in hul tandvleis teë te werk. Wortels is gesond, vol vitamiene en vesel, en relatief laag in kalorieë.

Maar in jou kleinding se geval sal ek aanraai dat jy tog haar bloed laat toets om seker te maak sy het nie dalk ’n wanbalans as gevolg van die lewerskade nie. Die lewer is byna toweragtig in sy vermoë om homself te vernuwe ná beskadiging, maar dit neem tog tyd en ons wil altyd maar versigtig wees met sulke klein diertjies.

Groete

Marianne

 

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Boerboel grom vir my

Vra die veearts: Een slagtand wil nie uitkom nie

Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie

Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Vra die veearts: My hond het harde knoppe op sy lyf

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag

Vra die veearts | Honde in Suid-Afrika vs honde in Europa

Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top