Vra die veearts: Ons woefie het katgriep

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Angelique skryf:

Goeienaand

My labrador x boerboel, Rex, is vyf maande oud. Hy is nou by dierekliniek. Hy het katgriep.

Ek het ’n vyfjarige seuntjie wie se hartjie baie seer is. Wat is die kanse dat ons woefiekind dit gaan maak? Hy het vandag eers siek geword ons weet niks van die siekte af nie.

Beste Angelique

So gereeld is ons diere ons kinders se beste maats, is dit nie? Ek hoop my antwoord sal jou seuntjie help om te verstaan wat op die oomblik met Rex gebeur.

Katgriep is ’n siekte wat jong hondjies vir ’n paar dae vreeslik naar laat voel en loopmagies gee. Die siekte word veroorsaak deur ’n kiem wat hulle magies baie sleg laat voel. Hulle voel nie net siek nie, maar ook dors, want hulle is te naar om water te kan drink! Dis hoekom veeartse hondjies met katgriep soms in die hospitaal laat bly, want dan kan hulle deur ’n buisie in die woef se poot, wat ons ’n drup noem, vir die hondjie water gee sonder dat dit hom naar maak. Hulle kan ook ander medisyne gee wat hulle minder olik laat voel terwyl hulle teen die kiem veg en weer sterk en gesond word.

Wanneer ’n klein hondjie eers katgriep het, is die bly by die veearts gewoonlik die heel beste manier om hulle te help, maar ons kan hulle ook help om minder ernstig siek te word deur hulle in te ent.

Dalk was jou seuntjie saam by die veearts vir een van Rex se inspuitings?

Daardie inspuitings, of inentings, is vir die lyf soos ’n les by die skool: Dit leer hulle lyfies om slim te word en die kieme wat katgriep en ander slegte siektes veroorsaak, vinnig dood te maak, voor die kieme ’n kans kry om die hondjies te siek te maak.

Soms kan hondjies nog steeds siek word, selfs na ’n inenting, maar dis makliker vir hulle om weer vinnig gesond te word, sodat julle weer saam kan speel.

Groete

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Vlooimedikasie

Vra die veearts: My hond eet nou wortels

Vra die veearts: Boerboel grom vir my

Vra die veearts: Een slagtand wil nie uitkom nie

Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie

Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

Vra die veearts | Honde in Suid-Afrika vs honde in Europa

Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?

Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis

Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Vra die veearts: Epilepsie

Vra die veearts: Dit is moeilik om my perde te verkoop

Ask the vet: My Yorkie cries when I leave

Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm

Vra die veearts: Abby jeuk, Lulu kry aanvalle

Vra die veearts: Vlekkie kry angsaanvalle

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top