Suid-Afrika is oop vir besigheid. So het president Cyril Ramaphosa Donderdag gesê toe hy beleggers tydens die vierde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie (SAIC) probeer oorreed het om in die land te belê.
President @CyrilRamaphosa arriving this morning for the 4th South Africa Investment Conference currently underway at the Sandton Convention Centre in Johannesburg. At time of #SAIC2020, South Africa had raised a total of R774 billion in investment commitments.
#InvestSA 🇿🇦 pic.twitter.com/hGe29BB2DE— Presidency | South Africa 🇿🇦 (@PresidencyZA) March 24, 2022
Met beloftes van voortgesette ekonomiese hervorming en beter energievoorsiening het hy beleggers uitgenooi om hulle geld in die land te belê.
READ | SA open for business: The South African Investment Conference #SAIC will highlight the country’s resilience, as well as showcase the many investment opportunities available as the country recovers from the #COVID19 pandemic, says @the_dti Minister https://t.co/MAYCWC3AS7
— @SAgovnews (@SAgovnews) March 24, 2022
Ramaphosa het gesê beleggers moet weet hul beleggings is veilig hier, dat die bedryfsomgewing stabiel is en dat hulle ondersteun word deur beleidsekerheid en regulatoriese voorsorgmaatreëls.
Alles kwessie waaroor daar heelwat skeptisisme onder baie binnelandse sowel as buitelandse beleggers bestaan.
Van die sake wat die President genoem het om beleggers te paai, is beter misdaadbekamping, betroubare elektrisiteitsvoorsiening en ʼn infrastruktuur met paaie, spoorweë en hawens wat werk.
Hy het erken dat vir Suid-Afrika se ekonomie om sy potensiaal as ’n verskaffer van produkte aan markte regoor die wêreld te verwesenlik, dit nodig is dat paaie, spoorweë en hawens werk.
“Julle moet weet dat die maatreëls wat ons tref om misdaad en skade aan infrastruktuur aan te pak, ’n effek het. Julle beleggings maak ’n verskil in plaaslike ekonomieë en in mense se lewens.”
Hy het die jaarlikse SAIC-geleentheid in 2018 geïnisieer in ’n poging om binnelandse en inkomende beleggings van R1,2 triljoen oor vyf jaar te verseker.
Die SAIC hoop om die land se veerkragtigheid te beklemtoon, asook om beskikbare beleggingsgeleenthede ten toon stel terwyl die land van Covid herstel.
President @CyrilRamaphosa will host the fourth South Africa Investment Conference (#SAIC2022) on Thursday, 24 March 2022 at the Sandton Convention Centre, Johannesburg. https://t.co/CbgF1I5GxN pic.twitter.com/G7RYuHn7Aq
— Presidency | South Africa 🇿🇦 (@PresidencyZA) March 23, 2022
Ramaphosa het ook toegegee dat die regering enorme uitdagings in die gesig staar.
“Ek is hier om te sê dat ons as die regering van die Republiek van Suid-Afrika vordering maak langs die moeilike maar noodsaaklike pad van hervorming wat ons drie jaar gelede aangepak het; dat ons die resultate begin sien,” het hy gesê.
Hy sê ten spyte van die impak van Covid, was R774 miljard se beleggingsverpligtinge teen die tyd van die derde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie, wat in 2020 gehou is, ingesamel, wat twee derdes van die pad is om die R1,2 triljoen-teiken te bereik.
Oor Eskom se aanhoudende beurtkrag wat beleggersvertroue ernstig in die wiele ry, het hy gesê hy besef dat geen ekonomie sonder ’n betroubare elektrisiteitsvoorsiening kan funksioneer nie. Daarom word daar nou die mees uitgebreide transformasie van die energiesektor in byna ’n eeu onderneem. Die proses van ontbondeling in afsonderlike entiteite van Eskom vir opwekking, transmissie en verspreiding behoort teen die einde van vanjaar voltooi te wees.
Hy het aangekondig dat die regering saam met die private sektor werk om beleggings te versnel om ’n potensiële 4 000 MW se ingeboude opwekking te ontsluit.
Hy sê oor die volgende twee jaar sal daar nuwe opwekkingskapasiteit by die netwerk gevoeg word, hoofsaaklik deur wind- en sonkrag.
“En selfs al ervaar die land steeds beurtkrag, beweeg ons met spoed en vasberadenheid om nuwe genereringskapasiteit binne die kortste moontlike tyd aanlyn te bring.
"Die vestiging van die Transnet Nasionale Hawe-owerheid as ’n afsonderlike entiteit lyk dalk nie met die eerste oogopslag besonder transformasioneel nie, maar dit is ’n lank agterstallige strukturele hervorming wat ’n diepgaande uitwerking op investering in hawe-infrastruktuur sal hê," het hy gesê.
"Dit is ons ambisie om ’n ekonomie en ’n samelewing te wees wat oop is vir globale vaardighede, wat talent, kundigheid en innovasie lok," het hy gesê.
Die President het ook die regering se verbintenis herhaal om ’n spesiale eenheid in die presidensie te vestig om burokratiese rompslomp te hanteer, om die bedryfsomgewing vir besighede te verbeter en om die koste van sake doen te verminder.
- Ramaphosa se volledige toespraak kan hier gelees word.