Die tragiese selfdood van ’n 13-jarige graad 7-leerling in die Vrystaat weens beweerde boeliegedrag het die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en gemeenskappe diep geskok.
Die 13-jarige Mbali Mlaba het na bewering verlede week op 8 April haar eie lewe geneem ná ʼn aanhoudende geboelie by haar skool, Vulindlela Primêre Skool in Harrismith.
Volgens mediaberigte was die afknouery wat sy ervaar het, beide fisiek en emosioneel. Berigte dui daarop dat sy in vrees geleef het weens herhaaldelike teistering deur dieselfde klasmaat deur fisieke aanranding en verbale mishandeling wat reeds in die vorige skooltermyn begin het.
A 13-year-old grade 7 pupil took her own life after allegedly being bullied at Vulindlela Primary School in Harrismith in the Free State.https://t.co/ov6jyDpgiS
— Times LIVE (@TimesLIVE) April 17, 2025
Die boeliegedrag het na bewering vererger en Mbali het selfs gevra om na ’n ander skool oorgeplaas te word in ’n desperate poging om weg te kom op soek na veiligheid en ’n nuwe begin.
13-year-old Mbali Mlaba's life cut short in alleged bullying tragedy at Vulindlela Primary School. Let's unite against bullying #news #childsafety #bullying #StopBullying #JusticeForMbali #BullyingPrevention #RIPMbali #dontlookaway #education #schoolsafety
Read on… pic.twitter.com/pQurSGaJ3P— IOL News (@IOL) April 17, 2025
Die voorval het intense emosies en verontwaardiging ontlok, beide plaaslik en nasionaal. Verskeie mense het die tragedie breedvoerig in plasings op X gedeel en sterker optrede teen boeliegedrag op skool geëis.
Die gemeenskap van Harrismith en ouers van ander leerders het hulle skok uitgespreek, met baie wat stories van afknouery in hul eie kinders se lewens gedeel het, wat beklemtoon hoe wydverspreid die probleem is.
Volgens die SAUK het Mbali se ma ’n nota gevind wat die redes agter haar dogter se uiterste besluit uiteensit. Haar versoek om na ’n ander skool oorgeplaas te word is ʼn aanduiding dat sy alles probeer het om haar situasie te verbeter. Die feit dat hierdie versoek nie betyds toegestaan is nie, het vrae laat ontstaan oor die skool se hantering van die situasie.
Mamiki Maboya, die Vrystaatse LUR vir onderwys, het haar diepe hartseer uitgespreek en haar innige medelye aan Mbali se familie, vriende en geliefdes oorgedra. “Ons is diep bedroef deur die tragiese verlies van ’n graad 7-leerling van Vulindlela Primêre Skool,” het sy gesê.
Die departement het psigososiale ondersteuningsdienste na die skool ontplooi om leerders, onderwysers en personeel te help om die trauma te verwerk.
🔴Free State Education MEC Dr Maboya Mourns Death of Learner Who Took Her Own Life After Bullying Allegations🔴
Free State MEC for Education, Dr Mamiki Maboya, has sent her heartfelt condolences to the family of a 13-year-old Grade 7 learner, Mbali Mlaba, who tragically took her… pic.twitter.com/HIxUa45TEr
— Central News (@centralnewsza) April 17, 2025
Die voorval het oproepe vir sterker antiboeliebeleid, meer sielkundige ondersteuning in skole, en beter opleiding vir onderwysers om boeliegedrag te identifiseer en te hanteer, versterk. Ouers en aktiviste dring aan op onmiddellike stappe om te verseker dat sulke tragedies nie herhaal word nie.
Boeliegedrag is ’n wydverspreide kwessie in Suid-Afrikaanse skole. Volgens die Departement van Basiese Onderwys is meer as 500 gevalle van boeliegedrag in die eerste kwartaal van 2025 aangemeld, met Limpopo wat die hoogste aantal (305) rapporteer, gevolg deur KwaZulu-Natal (29) en Gauteng (23).
Vroeëre voorvalle, soos in 2023deur Maroela Media gerapporteer, toon dat boeliegedrag dikwels tot ernstige uitkomste lei, insluitend selfdood. ’n Graad 9-leerder by Tlotlisong Sekondêre Skool in Ficksburg het homself in 2023 vergiftig ná beweerde vernedering deur onderwysers, en ’n graad 11-leerder by Sonyongwane Hoërskool in KwaZulu-Natal het haar lewe geneem weens afknouery deur klasmaats.
Die vakbond Sadtu het reeds in 2023 daarop gewys dat onderwysers dikwels nie toegerus is om boelies effektief te hanteer nie, deels weens oorvol klaskamers, wat individuele uitdagings moeilik maak om te identifiseer.
Weens gebrek aan behoorlike infrastruktuur kort skole dikwels veilige ruimtes waar leerders hul probleme in vertroue kan bespreek, asook toegang tot opgeleide sielkundiges of beraders.
Sadtu het destyds reeds beklemtoon dat geweld en boeliegedrag nie net ’n skoolprobleem is nie, maar ’n samelewingskwessie. Kinders boots dikwels gedrag na wat hulle in hul gemeenskappe of huise sien, waar geweld genormaliseerd kan wees.