President Cyril Ramaphosa se besluit om Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, as waarnemende minister van polisie aan te stel, het ’n golf van kritiek ontketen.
Dit geskied veral in die lig van ernstige bewerings van korrupsie binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en Mantashe se eie vermelding in die Zondo-kommissie se verslag.
Die aanstelling, wat Dinsdag (15 Julie 2025) met onmiddellike ingang in werking getree het en tot einde Julie sal duur, kom te midde van ’n regterlike kommissie van ondersoek na bewerings van kriminele infiltrasie in die SAPD. Die tydelike aanstelling duur totdat Firoz Cachalia vanaf 1 Augustus die rol oorneem.
President @CyrilRamaphosa has appointed Minister of Mineral and Petroleum Resources, Gwede Mantashe, as Acting Minister of Police with immediate effect, until Prof Firoz Cachalia assumes his position at the start of August.
https://t.co/uMUZSZDSjh— The Presidency 🇿🇦 (@PresidencyZA) July 15, 2025
Ramaphosa se keuse van Mantashe as waarnemende polisieminister het veral opslae gemaak weens Mantashe se vermelding in die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping. Die kommissie het bevind dat Bosasa, ’n maatskappy wat betrokke was by beweerde korrupte aktiwiteite, sekuriteitsopgraderings by drie van Mantashe se eiendomme in Boksburg, Cala en Khowa in die Oos-Kaap befonds het.
Mantashe, destyds ANC-sekretaris-generaal, is as ’n “uitstekende verbinding” beskou om invloed op tenderprosesse en departementele besluite uit te oefen. Sy verduideliking dat die opgraderings ’n “vriendelike gebaar” was, is deur die kommissie as ongeloofwaardig verwerp.
Hoewel daar geen prima facie-saak van korrupsie bewys is nie, het die kommissie bevind daar bestaan ’n “redelike vermoede” dat Mantashe moontlik die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite oortree het, en aanbeveel dat wetstoepassingsagentskappe die saak verder ondersoek.
IOL berig dat die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) en ander instansies, soos die Sisulu Foundation for Social Justice, die aanstelling skerp gekritiseer het. Hulle argumenteer dat dit onverantwoordelik is om iemand wat deur die Zondo-kommissie vir ondersoek aanbeveel is, in beheer te plaas van ’n departement wat nou onder ’n korrupsie-ondersoek is
Calling it “bureaucratic theatre,” the Sisulu Foundation has demanded President Ramaphosa’s resignation, accusing him of symbolic governance and shielding political elites amid South Africa’s corruption crisis.#SisuluFoundation #RamaphosaResignation #CorruptionCrisis… pic.twitter.com/VmiD1o1SS4
— IOL News (@IOL) July 15, 2025
Vrae is ook gevra oor watter toegang Mantashe tot sensitiewe polisie-inligting sal hê en hoe dit gebruik kan word, veral gegewe sy betwiste verlede. Op X het gebruikers die aanstelling as ’n teken van Ramaphosa se swak oordeel bestempel.
Die Walter en Albertina Sisulu-stigting het versoek dat Ramaphosa bedank, met verwysing na kommer oor sy hantering van Suid-Afrika se toenemende korrupsiekrisis.
The Walter and Albertina Sisulu Foundation has called for President Cyril Ramaphosa’s resignation, citing concerns over his handling of South Africa’s deepening corruption crisis.https://t.co/IOLyJJ6VyZ
— The Post News (@ThepostNew) July 16, 2025
Die krisis het op 6 Julie 2025 begin toe KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, plofbare bewerings gemaak het teen die nou tydelik geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, en adjunk- nasionale kommissaris vir misdaadopsporing, luitenant-generaal Shadrack Sibiya.
Mkhwanazi het beweer dat Mchunu en Sibiya die politiekemoorde-taakspan, wat vordering gemaak het met ondersoeke na onopgeloste moorde, insluitend dié van ’n gewilde musikant in Gauteng, laat ontbind het. Volgens hom was die ontbinding bedoel om ’n magtige misdaadsindikaat te beskerm wat politici, polisie, regters, aanklaers en sakeleiers insluit. Hy het ook ’n sakeman uit Noordwes, Brown Mogotsi, wat beweerde toegang tot geklassifiseerde polisie-inligting gehad het, in verband gebring met die beweerde komplot. Mogotsi het die bewerings ontken.
Die DA het intussen kriminele klagte teen Mchunu ingedien weens beweerde leuens aan die parlement oor sy verhouding met Mogotsi, en die SAPD het bevestig dat ’n senior luitenant-kolonel aangestel is om die saak te ondersoek.
Die DA se adjunkhoofsweep, Baxolile Nodada, sê in ’n verklaring hulle het die SAPD van ’n volledige beëdigde verklaring van Mchunu se gedrag voorsien sodat hulle met hul ondersoek kan begin.
Die party eis ook antwoorde nadat luitenant-generaal Sibiya met “afwesigheidsverlof” geplaas is in plaas van geskors te word weens korrupsiebewerings.
🚨 The DA demands answers after Lt General Shadrack Sibiya was placed on “leave of absence” instead of being suspended over corruption allegations. This, while SA has no Police Minister, undermines SAPS’s disciplinary rules & weakens the rule of law. Read: https://t.co/nLAcBghVIV
— Democratic Alliance (@Our_DA) July 15, 2025
President Ramaphosa het op 13 Julie 2025 ’n regterlike kommissie onder leiding van waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga aangestel om die bewerings te ondersoek. Corruption Watch het die kommissie verwelkom, maar kritiek uitgespreek oor die vertraging in die instelling daarvan. Hulle beklemtoon ook die behoefte aan deursigtigheid, die beskerming van fluitjieblasers, en vinnige aksie.
In establishing this Commission of Inquiry, we are affirming our commitment to the rule of law, to transparency and accountability, and to building a South Africa in which all people are safe and secure. https://t.co/MMeVdIhyTd
— Cyril Ramaphosa 🇿🇦 (@CyrilRamaphosa) July 13, 2025
ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula het die spesiale verlof van Mchunu en Sibiya as ’n “verantwoordelike bestuurstap” verdedig.
[LIVE MEDIA BRIEFING]
SG MBALULA: The decision to place Minister of Police, Comrade Senzo Mchunu, on a leave of absence is equally commendable. It is a proactive and considered measure, taken in the interest of ensuring that due process is not compromised. Importantly, this… https://t.co/smxOQRJn7U pic.twitter.com/Gb27HcuoT8
— ANC - African National Congress (@MYANC) July 15, 2025
Die regterlike kommissie se eerste bevindings, wat binne drie maande verwag word, sal deurslaggewend wees om te bepaal of Mchunu, Sibiya, of ander hoë amptenare vervolg sal word. Intussen bly die SAPD en die regering onder intense druk om sistemiese korrupsie aan te spreek en openbare vertroue te herstel.
