Amerika se menseregteverslag oor Suid-Afrika waarvolgens die menseregtesituasie in 2024 “aansienlik versleg” het, weerspieël volgens die Suid-Afrikaanse regering ’n “fundamentele verdraaiing van feite”.
Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) het die VSA se 2024-menseregteverslag deur hul Departement Buitelandse Sake ten sterkste verwerp en dit as “onakkuraat en diep gebrekkig” bestempel.
In ’n amptelike verklaring het Dirco se woordvoerder, Chrispin Phiri, die opstellers van die verslag beskuldig van die gebruik van “akontekstuele inligting en ongeloofwaardige berigte”. Hy sê dit weerspieël nie die werklikheid van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie nie.
Media Statement
South Africa rejects inaccurate and deeply flawed account of Human Rights Practices.
More: https://t.co/XyhvDruPBp
— DIRCO South Africa (@DIRCO_ZA) August 13, 2025
Hierdie reaksie kom te midde van groeiende diplomatieke spanning tussen Pretoria en Washington, veral aangesien die verslag kort na die instelling van 30%-tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere deur die Trump-administrasie gepubliseer is.
Kenners waarsku dat dit die bilaterale verhoudings verder kan verswak, met potensiële impak op handel, beleggings en samewerking op gebiede soos gesondheid en die omgewing.
Die VSA se Departement Buitelandse Sake het Dinsdag 12 Augustus 2025 sy jaarlikse Country reports on human rights practices vrygestel, met ’n skerp fokus op Suid-Afrika.
The 2024 Human Rights Report has been released, restructured in a way that removes redundancy, increases report readability, and is responsive to the legislative mandates that underpin the report – rather than an expansive list of politically biased demands and assertions.… pic.twitter.com/GyN0HNFpI7
— Department of State (@StateDept) August 12, 2025
Die verslag beskuldig die Suid-Afrikaanse regering daarvan dat die menseregtesituasie in 2024 aansienlik versleg het, veral met die ondertekening van die Onteieningswet (Expropriation Act 13 of 2024) op 20 Desember 2024. Hierdie wet, wat grondonteiening sonder vergoeding in sekere gevalle toelaat, word as ’n “kommerwekkende stap” na grondonteiening beskou, veral gerig op Afrikaners en ander rasminderhede.
Phiri het dit namens Dirco as ’n “fundamentele verdraaiing van feite” beskryf, en verwys na ’n onlangse beoordeling deur die VN-Menseregtekantoor in Genève wat die wet as ’n “kritieke stap” prys om historiese grondongelykhede aan te spreek. Dirco het belowe om dokumente vry te stel om die “verdraaiings” te weerspreek, insluitend verslae van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAHRC) en betroubare nuusbronne soos Agence France-Presse (AFP) en die BBC.
Die verslag, wat deel uitmaak van ’n jaarlikse beoordeling van menseregte in lande wêreldwyd, beklemtoon verskeie beweerde skendings in Suid-Afrika. Onder die sleutelpunte is arbitrêre of onwettige moorde, arbitrêre arrestasies of aanhoudings, en die onderdrukking van rasminderhede.
Dit verwys spesifiek na berigte van beweerde buitegeregtelike moorde deur die regering, of sy agente, insluitend die polisie – volgens die verslag is ten minste 40 verdagtes voor April 2025 in polisieskietgevegte doodgeskiet; in ’n voorval in September is ses verdagtes deur die polisie in Durban gedood. Die verslag noem ook die rol van ekstremistiese politieke partye soos die EFF, wat aanvalle op Afrikaner-boere sou aangemoedig het deur liedjies soos “Kill the Boer” by hul saamtrekke te sing.
Suid-Afrika beklemtoon in sy reaksie dat sulke sake aktief deur die onafhanklike regbank ondersoek word, en dat verdagtes voor die hof verskyn. Die verslag verwys na 447 plaasmoorde tussen Oktober 2023 en September 2024, maar ignoreer volgens die regering Suid-Afrikaanse regering konteks, soos die breër misdaadsyfers in Suid-Afrika, waar moordkoerse hoog is vir alle groepe.
AFP se feitetoetsing toon dat data dikwels verdraai word om ’n komplekse prentjie van geweld te vereenvoudig, en verwys na valse narratiewe soos “wit volksmoord” – ’n teorie wat deur Trump en sy bondgenote bevorder word. Hierdie fokus op Afrikaners as slagoffers word bevraagteken, omdat die verslag die historiese grondkwessie tydens apartheid ignoreer, terwyl dit grondhervorming as ’n bedreiging vir minderhede uitbeeld.
Amerika se vooroordeel is volgens kritici ook sigbaar in die verslag se selektiewe kritiek. Onder die Trump-administrasie maak die verslag geen melding van kritiek op bondgenote soos Israel en El Salvador of van Gaza se menseslagting of humanitêre krisis nie, terwyl dit harder kritiek uitspreek teen lande soos Suid-Afrika en Brasilië, met wie Washington koppe stamp.
Trump’s administration has significantly softened this year’s US human rights report, downplaying criticism of allies like Israel and El Salvador while highlighting freedom of speech concerns in Europe and criticizing Brazil and South Africa.
LGBTQ+ rights and Gaza’s… pic.twitter.com/3FAlfPa887
— Washington Eye (@washington_EY) August 13, 2025
Reuters, CBS News en die BBC berig dat die verslag hersien is om belyn te wees met “America First”-waardes, met nuwe kategorieë soos “Lewe” en “Vryheid” wat vryheid van spraak in Europa beklemtoon, maar LGBTQ-regte en geslagsgeweld ignoreer.
BBC: Trump administration rewrites and scales back annual human rights report
The Trump administration has significantly rewritten and downscaled the US government's annual report on global human rights abuses.
The document, previously seen as the most comprehensive study of… pic.twitter.com/Hgs4XR6MPY
— AustinBlue (@MakeTexasBlue22) August 12, 2025
Dirco wys verder op die ironie dat die VSA uit die VN-Menseregteraad getree het en nie meer onderhewig is aan eweknie-oorsig nie, terwyl hulle ook probleme het met vlugtelinge en agentskappe soos ICE.
Human Rights Watch se 2024-verslag oor Suid-Afrika, daarenteen, fokus op plaaslike kwessies soos lugbesoedeling en geweld teen vroue, sonder om die VSA se narratief te ondersteun.
