Die DA se veldtog om van Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, as provinsiale leier ontslae te raak het die politieke landskap in die Gautengse wetgewer in ’n nuwe fase van spanning en onsekerheid gedompel.
Die DA eis dat Lesufi moet rekenskap gee van die onwettige ontplooiing van die Amapanyaza-program wat in 2023 deur hom geloods is as ’n poging om misdaad in Gauteng te bekamp.
Die DA sê hulle het van die begin af gewaarsku dat hierdie inisiatief ’n roekelose politieke foefie is en sonder behoorlike opleiding, akkreditasie of wettige gesag van stapel gestuur is.
🚨 Premier Lesufi must account for the illegitimate deployment of AmaPanyaza!
From the very start, the DA warned that this initiative was a reckless political stunt — launched without proper training, accreditation, or legal authority.
👮♂️ The so-called crime prevention wardens… pic.twitter.com/ouhlDNpgUa
— Democratic Alliance Gauteng Legislature (@DA_GPL) October 31, 2025
Die party het verlede maand kennis gegee dat hulle ’n formele mosie van wantroue teen Lesufi gaan indien na aanleiding van die openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, se vernietigende verslag oor die onwettige Amapanyaza-misdaadvoorkomingskema.
Meer as 8 900 “vredesbeamptes” is deur Lesufi gewerf, met ’n enorme. Daarvan was R73,9 miljoen vir voertuie, R78 miljoen vir addisionele motors, en selfs R10 miljoen vir helikopterhuur. Die skema, wat R24 miljoen vir aanstellings en R60 miljoen vir opleiding insluit, het egter sonder wetlike grondslag gefunksioneer, soos wat die openbare beskermer op 22 Oktober 2025 bevind het.
Haar verslag beskuldig die Gautengse regering van skending van artikel 41(1)(f) en (g) van die Grondwet deur provinsiale magte uit te brei na polisiëring, ’n funksie wat uitsluitlik aan nasionale vlak behoort, volgens artikel 206(4).
Die kanse dat die DA se mosie sal slaag, lyk egter skraal, gegewe die gefragmenteerde opposisie en die ANC se strategiese werwing vir ondersteunende stemme.
In ’n plasing op X gebruik die DA nou ActionSA se eie woorde teen hulle indien hulle nie die mosie van wantroue wil steun nie. ActionSA het vroeër gespog dat hulle bewyse en inligting aan die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) teen Lesufi se berugte misdaadvoorkomingskema voorgelê het.
🎯 ActionSA once said it:
“ActionSA has presented evidence and information it has gathered to the Special Investigation Unit (SIU) against Gauteng Premier, Panyaza Lesufi’s notorious crime prevention wardens scheme. In doing so, we maintain the Premier of Gimmicks has far… pic.twitter.com/977kjSQNsQ
— Democratic Alliance Gauteng Legislature (@DA_GPL) November 3, 2025
“Deur dit te doen, hou ons vol dat die premier van foefies sy mandaat ver oorskry het en inderdaad buite die wet optree,” het ActionSA gesê.
Hulle het voorts gesê: “Die waarheid is onmiskenbaar. Lesufi se Amapanyaza-skema het onder sy eie onwettigheid ineengestort.”
Volgens die DA staan ActionSA nou voor ’n duidelike keuse: “Steun die mosie van wantroue en bewys konsekwentheid, of stem daarteen en openbaar dat julle vorige verklaring bloot politieke teater was.”
Hierdie skuif onderstreep die DA se poging om opposisie-eenheid te probeer smee, maar dit het eerder verdeeldheid gesaai.
Ondanks hulle vroeëre verklaring is die DA se wantrouemosie volgens ActionSA skynheilig omdat hulle gehelp het dat Lesufi premier word, maar nou politieke munt met hulle mosie wil slaan.
Die MK Party het die mosie “opportunisties en rassisties” genoem en Lesufi se misdaadbekamping verdedig. Selfs Cosatu het Lesufi as ’n “baken van besliste leierskap” gesteun, met oproepe om die mosie te verslaan. Die ANC sê hulle sal saam met ander partye werk om dit te verslaan en het hulle vertroue in Lesufi bevestig.
Ontleders waarsku dat die EFF die situasie kan uitbuit vir onderhandelinge met die ANC deur te dreig om moontlik buite stemming te bly. “Die EFF het nou ’n geweer teen Panyaza se kop. Hulle kyk nou na Dada se bewegings,” het ’n bron aan The Citizen gesê. As die mosie misluk, wat waarskynlik is sonder breër samewerking, kan dit die DA isoleer en Lesufi se posisie versterk
In ’n provinsie wat 40% van Suid-Afrika se BBP bydra, hang die uitkoms daarvan af of die DA se volgehoue druk – wat ander kwessies soos die Tembisa-hospitaal-korrupsie insluit – opposisie-eenheid kan afdwing. Vir eers bly Lesufi se toekoms in die EFF se hande, met die stemming wat na verwagting in die volgende weke sal plaasvind. Die debat op sosiale media woed voort, met kiesers se menings wat tussen misdaadbekamping en aanspreeklikheid wipplank ry.
Intussen het Lesufi die beamptes, wie se loopbaan in ’n weegskaal is, die afgelope naweek verseker dat geeneen van hulle hul werk sal verloor nie en die provinsie se verbintenis tot die bestryding van misdaad regoor die provinsie herbevestig.
Premier Panyaza @Lesufi also assured the wardens that none of them would lose their jobs, reaffirming the @GautengProvince commitment to fighting crime across the province.
He further explained that a process is currently underway with the Minister of Police, the Minister of… pic.twitter.com/zYwB0LtZV6
— Gauteng Provincial Gov (@GautengProvince) November 2, 2025
Hy het verduidelik dat ’n proses tans aan die gang is met die minister van polisie, die minister van justisie en die Padverkeersbestuurskorporasie om sake wat in die openbare beskermer se verslag geopper is, aan te spreek.
