Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video spring hy saam met Jannie du Toit in ’n motor. Hulle soek na parkeerplek terwyl hulle gesels oor musiek, taal, fietse, kitare en linkerhandstuurwiele.
YouTube-skakel na onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=PkonuLz0bSI
