President Cyril Ramaphosa het die afgelope naweek, op die vooraand van sy verjaarsdag, ’n knuppel in die hoenderhok gegooi toe hy sy politieke teenstanders in die ANC uitgedaag het om hom ’n datum te gee wanneer hy moet bedank as hulle van hom ontslae wil raak.
Ramaphosa se reaksie kom ná intense spekulasie binne die hoër vlakke van die ANC dat hy beplan om ná die G20-beraad te bedank en vroeg volgende jaar uit die regering te tree. Die spekulasie oor Ramaphosa se vroeë bedanking het die afgelope weke verskeie kere opgevlam.
African National Congress (ANC) President Cyril Ramaphosa has dared his political detractors in the National Executive Committee (NEC) to give him a date by which he should resign. In a heated direct political overview report, Ramaphosa dared his political detractors to stop… pic.twitter.com/pct7ynjAZa
— SABC News (@SABCNews) November 16, 2025
Sy voormalige raadgewer, Bejani Chauke, het hierdie gerugte vroeër in November as “onverantwoordelik en ongegrond” afgemaak, met die klem daarop dat Ramaphosa se mandaat tot 2027 strek en dat hy nie sal bedank nie.
Die President se uitdaging die naweek aan sy teenstanders in die NUK het egter opnuut die pot aan die kook gesit en ’n storm van debat veroorsaak.
Hy het volgens mediaberigte aan die NUK gesê om op te hou om sy uittrede in donker hoeke soos lafaards te bespreek.
Sy woorde het wye reaksie uitgelok, met berigte wat beklemtoon hoe dit die interne ANC-stryd vererger, maar ook ’n invloed het op die RNE. ANC-woordvoerder Nonceba Mhlauli het intussen ontken dat daar ’n “vertreksaal” is vir Ramaphosa, en beklemtoon dat sy termyn tot 2027 strek.
ANC-veterane het ook gesê dat die huidige NUK-termyn tot Desember 2027 sal duur.
Daar vind ook lewendige besprekings op X daaroor plaas, met plasings wat die storie deel en daarop reageer.
“ANC-p resident Cyril Ramaphosa het kriminele ANC-elemente en sy teenstanders in die NUK uitgedaag om ’n datum te noem as hulle wil hê hy moet bedank,” het een van die deelnemers aan die gesprek op X gesê.
Gayton McKenzie, leier van die Patriotic Alliance (PA) en minister van sport, kuns en kultuur in die RNE, het sterk gereageer op Ramaphosa se uitdaging aan die ANC se NUK.
McKenzie het die situasie as die begin van ’n “oorlog” binne die ANC beskryf.
“I want you to know that it's war, the war has started. You already see what is happening in the ANC. You can just check on news. I'm told President Cyril Ramaphosa told them, ‘Give me the date that you want me to resign.’” PA President Gayton McKenzie
“Apparently there's people… pic.twitter.com/LOjbIksoIy
— News Live SA (@newslivesa) November 16, 2025
“Die oorlog het begin,” het McKenzie gesê. Hy het spesifiek verwys na die gerugte en agter-die-skerms-gesprekke oor Ramaphosa se moontlike aftrede ná die G20-beraad en gewaarsku dat dit ’n “massiewe fout” sou wees vir die ANC om Ramaphosa te dwing om uit te tree.
McKenzie het spesifiek na ekonomiese verbeterings verwys, soos die laagste inflasielyn in jare en die skep van byna 300 000 werksgeleenthede in die derde kwartaal, as bewys van Ramaphosa se effektiewe leierskap.
Ander RNE-vennote, soos die DA en Vryheidsfront Plus, het nog nie openlik gereageer nie, moontlik weens die sensitiwiteit van die ANC se interne sake en die aanloop na die G20-beraad.
Die jongste gebeure die afgelope naweek het die interne ANC-stryd opnuut op die voorgrond geplaas, met druk op opposisiegroepe in die ANC om hul kaarte reg te speel. Ontleders soos Ferial Haffajee van Daily Maverick sê dit wys die diepte van die onrus, maar ook Ramaphosa se bereidwilligheid om te veg. As hy sou bedank, sou dit ’n yslike opvolgkrisis veroorsaak, aangesien geen duidelike opvolger op die horison sigbaar is nie.
The RET camp within the ANC has regrouped, and are gunning for Cyril Ramaphosa
It will be interesting to see how this develops, is Cyril Ramaphosa powerful enough in the ANC that he can defeat them and get a third term as president of the ANC and by virtue of the country ? pic.twitter.com/nzywAoPo00
— A STUDENT OF REVOLUTIONS (@SS_Mogashoa) November 17, 2025
Ten spyte van die spanning het die ANC Ramaphosa, wat gister (Maandag) 73 jaar oud geword het, se verjaarsdag gebruik om solidariteit te toon. Hulle het hom bedank vir sy rol in die RNE, die stabilisering van die ekonomie ná die grendeltyd en energiekrisis, en die G20-voorbereidings.
The African National Congress wishes its President, Comrade Cyril Matamela Ramaphosa well on the occasion of his birthday. pic.twitter.com/sVQ3nHK7ew
— ANC - African National Congress (@MYANC) November 17, 2025
Die party het beklemtoon dat Ramaphosa “onwankelbaar” werk aan politieke ideale en die integrasie van die Globale Suide se agenda in die G20. ANC-woordvoerder Nonceba Mhlauli het gesê: “Ons termyn eindig in 2027 met Ramaphosa as president, tensy hy vir ’n derde termyn staan, wat ons hoop!”
