’n Diplomatieke storm het uitgebreek toe die Amerikaanse president, Donald Trump, aangekondig het dat Suid-Afrika nie na die volgende G20-beraad in Miami, Florida, genooi gaan word nie.
Die besluit volg op Trump se herhaalde vals bewerings dat ’n “wit volksmoord” in Suid-Afrika aan die gang sou wees, ’n narratief wat deur kenners, regerings en Afrikaners self as vals en misleidend bestempel word.
South Africa hits back after Trump says US won't invite it for G20 next year https://t.co/FJWGlf4aGp
— BBC News (World) (@BBCWorld) November 27, 2025
Trump het sy besluit op sy eie sosialemediaplatform, Truth Social, bekendgemaak. Hy het verklaar dat Suid-Afrika “nie ’n uitnodiging sal ontvang nie” en het sy bewerings herhaal dat Afrikaners slagoffers van sistematiese geweld en diskriminasie sou wees. Hy het belowe om Amerikaanse hulp aan Suid-Afrika permanent te beëindig.
US President Donald Trump is throwing another tantrum about South Africa. And, this time President Ramaphosa is not taking it lying down. Trump posted on social media that South Africa will not be invited to the G20 Summit in Miami next year. #TheSouthAfricanMorning #DStv403… pic.twitter.com/ua8oNXYfC3
— eNCA (@eNCA) November 27, 2025
Hierdie stap kom kort nadat Trump vroeër vanjaar reeds beleid ingestel het wat sekere wit Suid-Afrikaners voorkeurbehandeling sou gee vir asiel in die VSA.
President Cyril Ramaphosa se kantoor het op X gesê hy het kennis geneem van die “betreurenswaardige verklaring” deur president Trump oor Suid-Afrika se niedeelname aan die G20-vergaderings van 2026.
PRESIDENT RAMAPHOSA NOTES US STATEMENT ON SOUTH AFRICA’S G20 PARTICIPATION
President @CyrilRamaphosa has noted the regrettable statement by President Donald Trump on South Africa’s participation in the 2026 G20 meetings.
The G20 South Africa 2025 Leaders’ Summit attended by…
— The Presidency 🇿🇦 (@PresidencyZA) November 26, 2025
’n Groep prominente Afrikaners het onlangs ’n openbare verklaring uitgereik waarin hulle Trump se bewerings verwerp. Onder die slagspreuk “Nie in ons naam” het hulle beklemtoon dat die idee van ’n volksmoord nie net vals is nie, maar ook gevaarlik, omdat dit Suid-Afrika se beeld internasionaal skade berokken.
Die verklaring is aan die Amerikaanse Senaat se Komitee oor Buitelandse Sake gestuur, waarin die Afrikaners self versoek het dat Trump se narratief nie as verteenwoordigend van hul gemeenskap gesien moet word nie.
Selfs konserwatiewe Afrikaanse organisasies soos AfriForum en Solidariteit het erken dit is nie waar dat daar volksmoord op Afrikaners in Suid-Afrika plaasvind nie.
AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het in sy reaksie op Trump se jongste tirade teen Suid-Afrika gesê dit is ’n ongelukkige ontwikkeling, maar hy het geen poging aangewend om Trump daarop te wys dat dit ’n vals narratief is nie. Hy hou die Suid-Afrikaanse regering daarvoor verantwoordelik.
This is an unfortunate development. It could and should have been averted in the interest of South Africa and its people. @afriforum and the Solidarity Movement's efforts to find solutions suffered a major setback when @RonaldLamola , as the minister responsible for building… https://t.co/VV34pnND5Z
— Kallie Kriel (@kalliekriel) November 27, 2025
Ondersoeke, insluitend dié deur persagentskappe en onafhanklike navorsers, toon dat die bewering van ’n “wit volksmoord” in Suid-Afrika ongegrond is. Hoewel plaasmoorde werklik voorkom, maak hulle ’n deel uit van ’n wyer misdaadprobleem wat alle rassegroepe tref, en daar is geen betroubare data wat ’n doelgerigte rasseteiken, wat ’n definisie van volksmoord sou wees, bewys nie
Kenners waarsku dat Trump se narratief ’n gevaarlike internasionale presedent kan skep: Deur vals bewerings van volksmoord te gebruik, word die konsep self afgewater en kan dit die aandag wegneem van werklike humanitêre krisisse elders.
Die uitsluiting van Suid-Afrika uit die 2026-G20 word algemeen gesien as ’n belangrike diplomatieke klap. Die VSA is een van Suid-Afrika se belangrikste handelsvennote, en die staking van subsidies en betalings sal waarskynlik ekonomiese gevolge hê, veral in projekte wat op Amerikaanse hulp steun.
The Trump administration will not invite South Africa to take part in G20 events hosted in the United States next year and will “immediately” stop payments to the African nation, President Donald Trump said Wednesday. https://t.co/YKinCkv7LJ
— CNN Africa (@CNNAfrica) November 26, 2025
Ramaphosa sê Suid-Afrika is ’n lid van die G20 uit eie reg en ons land sal voortgaan om deel te neem as ’n volwaardige, aktiewe en konstruktiewe lid van die G20. “Ons doen ’n beroep op lede van die G20 om die voortgesette werking daarvan in die gees van multilateralisme, gebaseer op konsensus, te herbevestig, met alle lede wat op gelyke voet aan al sy strukture deelneem.”
Ramaphosa sê voorts Suid-Afrika is ’n soewereine konstitusionele demokratiese land en waardeer nie beledigings van ’n ander land oor sy waarde in deelname aan globale platforms nie. Hy sê Suid-Afrika sal nooit ’n ander land of sy status in die gemeenskap van nasies beledig nie.
“Dit is betreurenswaardig dat president Trump, ten spyte van die pogings en talle pogings deur president Ramaphosa en sy administrasie om die diplomatieke verhouding met die VSA te herstel, steeds strafmaatreëls teen Suid-Afrika toepas op grond van waninligting en verdraaiings oor ons land,” lui die presidensie se verklaring.
Trump se besluit volg op ’n gespanne ontmoeting vroeër vanjaar met Ramaphosa in Washington, waar hy reeds sy bewerings oor ’n “wit volksmoord” gemaak het. Waarnemers meen dat die stap deel is van sy strategie om sy konserwatiewe basis in die VSA te mobiliseer, waar sekere groepe simpatie het met die idee van Afrikaners as slagoffers van ’n globale kultuuroorlog.
Suid-Afrika se uitsluiting uit die G20 is dus nie net ’n diplomatieke kwessie nie, maar eerder ’n stryd oor die waarheid. Terwyl Trump sy bewerings volhou, staan duisende Afrikaners en die Suid-Afrikaanse regering saam in hul verwerping van die vals volksmoordnarratief. Die komende maande sal wys of internasionale druk die VSA kan oorreed om sy besluit te heroorweeg en of die G20 ’n belangrike stem uit Afrika gaan verloor.
