Die pasverkose federale leier van die Demokratiese Alliansie (DA), Geordin Hill-Lewis, het hom in ’n onderhoud met Newzroom Afrika as waarskynlik die eerste senior figuur in sy party uitgespreek wat só openlik en hard kritiek lewer op Donald Trump en die MAGA-beweging.
In ’n onderhoud wat vinnig aandag getrek het, het die 39-jarige Kaapstadse burgemeester gesê hy is “hoegenaamd geen aanhanger van MAGA nie, en ook glad nie ’n aanhanger van mnr Trump nie”.
“Ek dink hy het die wêreld in ’n baie gevaarlike posisie geplaas en hy is in baie opsigte eintlik verfoeilik,” het Hill-Lewis reguit gesê. “So ek ondersteun daardie beleid en daardie administrasie hoegenaamd nie, en ek is baie bly om dit reguit te sê.” Hy het bygevoeg dat hy steeds belangstel in beleggings en mededinging in sektore soos telekommunikasie, maar dat dit nie beteken hy ondersteun Trump se beleid nie.
Geordin Hill-Lewis has ruled out joining Cyril Ramaphosa’s cabinet. The new DA leader says staying outside government gives him the freedom to speak boldly and hold power accountable. He adds that it’s
not about disrespect, but independence.Watch: https://t.co/qIvDtUakPW… pic.twitter.com/3M7eiClk1a
— Newzroom Afrika (@Newzroom405) April 13, 2026
Die kommentaar kom net ‘n paar dae nadat Hill-Lewis met meer as 90% van die stemme as John Steenhuisen se opvolger verkies is by die DA se federale kongres in Midrand. Tot dusver was die DA se amptelike toon teenoor die Trump-administrasie versigtiger en meer diplomaties. Hill-Lewis se woorde word daarom gesien as ’n nuwe, harder benadering binne die party.
Die kritiek kom te midde van ernstige diplomatieke spanninge tussen Suid-Afrika en die VSA. Sedert Trump se terugkeer na die Withuis in Januarie 2025 het verhoudinge skerp versleg. Trump het herhaaldelik beweer dat wit boere in Suid-Afrika aan “volksmoord” onderwerp word en dat mense se grond sonder enige vergoeding weggeneem word, bewerings wat sterk deur die regering ontken word.
Trump het hoë tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoer ingestel, Amerikaanse amptenare opdrag gegee om G20-vergaderings te boikot, en selfs beveel om Suid-Afrika uit die volgende G20-beraad in Miami te hou. Die VSA-ambassadeur, Leo Brent Bozell, is onlangs deur Pretoria ontbied oor “ondiplomatiese” opmerkings, terwyl Trump self Afrikaners as vlugtelinge in die VSA ontvang.
Hill-Lewis het ook aangedui dat hy nie van plan is om in Ramaphosa se kabinet te dien nie. Die party is ’n vennoot in die RNE onder Ramaphosa, maar die nuwe leier het dit duidelik gemaak dat hy nie self ’n pos in die nasionale kabinet sal aanvaar nie. Hy bly aan as burgemeester van Kaapstad en verkies om die RNE van buite af krities dop te hou.
“Ek is nie tevrede om ’n junior vennoot in ’n koalisieregering te wees nie,” het hy vroeër by die DA se federale kongres gesê. “Ons ambisie moet wees om die nasionale regering te lei.” Volgens berigte sal hy in die komende weke prestasie-evaluerings van die DA se ses kabinetsministers en adjunkministers doen, maar hy self sal nie deel word van die uitvoerende gesag nie. Hy glo dit gee hom groter vryheid om die RNE krities te beoordeel en die DA se eie identiteit te beskerm.
Politieke ontleders sê Hill-Lewis se skerp anti-Trump-houding kan help om die DA se beeld as ’n beginselvaste, pro-Westerse maar onafhanklike party te versterk – veral onder swart en bruin kiesers, wat dikwels wantrouig is teenoor enige persepsie van “MAGA-steun”.
Oor die DA se standpunt ten opsigte van Palestina het hy in ‘n afsonderlike onderhout met Radio Islam gesê dit is nie waar dat sy party Israel ten koste van Palestina ondersteun nie. Hy het beklemtoon die DA is ten gunste van ‘n tweestaatoplossing en sê hy is enige tyd bereid om met die Moslemgemeenskap in die land daaroor in gesprek te tree, want die DA se standpunt word verdraai.
New DA Leader: Willing to Engage on Palestine
From the deep trust deficit facing the Democratic Alliance to its stance on Palestine, we put the tough questions to the likely new leader, Geordin Hill-Lewis.
He conceded that there is unlikely to be any change to the party’s… pic.twitter.com/L7BSA1mYqT
— Radio Islam (@radioislam) April 10, 2026
Hill-Lewis se woorde kom ook te midde van groeiende druk op die DA om sy stem duideliker te laat hoor. Met plaaslike verkiesings wat later vanjaar plaasvind en die 2029-verkiesing reeds in sig, lyk dit asof die nuwe leier die party wil posisioneer as ’n kragtige, beginselvaste opposisiestem binne die RNE, eerder as ’n stilswyende vennoot.
Newly inaugurated DA leader Geordin Hill-Lewis aims to shape the party as one that advances the interests of all people, regardless of their race.
Hill-Lewis was speaking in Soweto, where he was leading his first election campaign as the party leader.
This comes ahead of the… pic.twitter.com/CvKlKILrSi
— Kaya News (@KayaNews) April 14, 2026
Of sy sterk standpunt teen Trump en MAGA die begin is van ’n nuwe, dapperder DA-beleid oor moeilike sake, sal die komende weke wys. Een ding is egter seker: Die era van Steenhuisen se meer versigtige leierskap is verby. Hill-Lewis praat nou hard en duidelik – selfs wanneer dit ongemaklik is vir sy eie koalisie is.
