Alles is in rep en roer vir Cyril Ramaphosa se inhuldiging as president môre (Woensdag) in Pretoria, nadat hy verlede week tydens die eerste byeenkoms van die Nasionale Vergadering (NV) na die verkiesing vir ’n tweede termyn as president verkies is.
Die Uniegebou was Maandag reeds vol bedrywighede ter voorbereiding van die inhuldiging. Verskeie spanne werk daaraan om te verseker dat alles tot in die fynste besonderhede georganiseer is.
PRESIDENTIAL INAUGURATION OF PRESIDENT-ELECT MATAMELA CYRIL RAMAPHOSA
The Union Buildings has been abuzz with activity in preparation for Wednesday’s Presidential Inauguration. Several teams are working to ensure that everything is organised to the last detail.… pic.twitter.com/j1BFP67yGv
— The Presidency ???????? (@PresidencyZA) June 17, 2024
Die presidensie het op X gesê die inhuldiging is ’n oomblik van groot trots vir die nasie, en bevestig weer dat Suid-Afrika se demokrasie sterk en op die wil van die mense gebaseer is.
“Komende Woensdag se seremonie gee Suid-Afrikaners die geleentheid om met hul president te kommunikeer en laat die president toe om direk met burgers te praat,” lui die inskrywing op X.
Dit is volgens die presidensie ’n oomblik van vernuwing, nasiebou en nasionale eenheid, wat die verbond tussen Suid-Afrikaners en hul openbare verteenwoordigers vernuwe.
Suid-Afrikaners is uitgenooi om die inhuldiging voor die Uniegebou by te woon.
30 YEARS OF DEMOCRACY, PARTNERSHIP & GROWTH ????????
The Presidential Inauguration is a moment of great pride for our nation, and reaffirms that our democracy is strong and based on the will of the people.
This Wednesday’s ceremony gives South Africans an opportunity to interact… pic.twitter.com/lWm55kh9BZ
— The Presidency ???????? (@PresidencyZA) June 17, 2024
Ramaphosa is verlede Vrydag as president van Suid-Afrika herkies. Hy het 283 stemme gekry. Julius Malema, die EFF-leier, het 44 stemme gekry. Altesaam 339 Stemme is uitgebring, waarvan 12 stemme bederf was. Die MK-party van Jacob Zuma het nie die sitting bygewoon nie en kon gevolglik nie deelneem aan die stemmery nie.
Ramaphosa se inhuldiging dié week geskied teen die agtergrond van ’n splinternuwe politieke bedeling vir Suid-Afrika.
Dit sal die eerste keer wees dat ’n Suid-Afrikaanse president nie met ’n volstrekte meerderheid regeer sedert Suid-Afrika 30 jaar gelede ’n demokrasie geword het nie.
Die kabinet sal hoofsaaklik uit lede van die ANC bestaan, aangesien hulle steeds die grootste party in die parlement is, maar die DA en ander partye in die regering van nasionale eenheid (RNE) sal ook in die kabinet verteenwoordig word.
Die ooreenkoms vir ’n RNE wat Vrydag onderteken is, maak dit duidelik dat partye sal saamwerk “in beide die Uitvoerende Gesag en die Wetgewer”, met ander woorde in die parlement sowel as in die kabinet. Die kabinet sal saamgestel word met “die breë inagneming van die aantal setels wat partye in die Nasionale Vergadering het en die behoefte om die nasionale belang te bevorder”.
Wanneer die president sy kabinet saamstel, sal daar van hom vereis word om “die verkiesingsuitkomste in ag te neem”.
Die ooreenkoms bepaal ook dat hoewel dit die president se prerogatief is om lede van die kabinet aan te stel, hy dit moet doen in oorleg met die leiers van die ander politieke partye wat by die RNE betrokke is. Die verwagting is dat die DA, wat die tweede grootste party in die RNE is, tot soveel as vyf kabinetposte in die nuwe regering kan kry.
Dit is onseker watter poste deur die ander partye gevul sal word. Die DA-leier, John Steenhuisen, en die leier van die IVP, Velenkosini Hlabisa, sal na verwagting albei senior poste in die nuwe regering beklee.
Intussen weier die MK-party steeds om die uitslag van die verkiesing te aanvaar. Hulle dring aan op ’n nuwe verkiesing.
NOW IEC HAS CONFIRMED WHAT WE HAVE BEEN SAYING, WE WANT A REVOTE.
PRESIDENT ZUMA HAS TOLD THEM NOT TO RUSH AND FIX EVERYTHING. pic.twitter.com/uvQWmfOHQl
— WE ARE FIGHTING FOR OUR FATHERS LAND. (@KennyMbamboma1) June 17, 2024
Zuma se party het Sondag tydens ’n nuuskonferensie in Johannesburg gesê hulle gee nie sy stryd om die Mei-verkiesingsuitslag uit te daag gewonne nie. Hulle gaan die stryd nou na die Verkiesingshof neem en het ’n dringende aansoek ingedien om die verkiesingsuitslae ongeldig te laat verklaar.
“Ek kan vir jou as ’n ANC-lid sê dat daar nie iets soos die regering van nasionale eenheid (RNE) is nie; dit is ’n tydgebonde ‘onheilige’ alliansie tussen die DA en ANC,” het Zuma gesê.
Good Morning ma'MK aMahle aka'Baba President #Zuma. ???? GNU Is Totally Meaningless. Viva #MK Party Viva ✊???? pic.twitter.com/dtTGtI9y4x
— Cadre Lerato Nguyi (@CadreNguyi) June 17, 2024
Hy het beloof om sogenaamde “wit agente” wat na bewering beplan het om die land terug te neem na apartheid te ontmasker.