Amanda Strydom

Amanda Strydom loop die pad van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf al lank en is een van Suid-Afrika se mees gevierde kunstenaars. Amanda is nie alleen 'n sanger en kabaretkunstenaar nie, maar skryf ook haar eie lirieke en toneelstukke en is 'n bekroonde aktrise.

In 1986 veroorsaak Amanda 'n "skandaal" toe sy met gebalde vuis die swartmag-teken gee tydens 'n kabaretopvoering by die Oude Libertas in Stellenbosch. Sedertdien is sy dikwels in die pers aangehaal as "Amandla" Strydom.

Amanda Strydom het al verskeie CD's die lig laat sien, waaronder Songs from the State of the Heart en Hotel Royale seker van die bekendste is. Haar versamelalbum, Ek loop die pad, 20 jaar, is in 2000 vrygestel ter viering van haar sangloopbaan wat toe reeds al oor 'n 20-jaar-tydperk strek. Kaalvoet, 'n versamelbundel van Amanda se lirieke en foto's, is in 2004 gepubliseer.

Nuwe weergawe van Amanda Strydom se lied "A child in a faraway land" vier Madiba se nalatenskap

Marli van Eeden, Amanda Strydom Muziek 2020-08-20

"Die lied is ’n gebed wat smeek vir vrede en vreugde in ’n onseker tyd."

Top