Anesca Smith kom van Saron, ’n dorp sowat 130 km noord van Kaapstad op die rand van die Boland en die Swartland. Sy het joernalistiek studeer aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie en het na afloop van haar studies vir die Afrikaanse media, hoofsaaklik Die Burger en Rapport, gewerk as algemene joernalis en daarna as politieke verslaggewer in die parlement. Sy was ook twee jaar buitelandse korrespondent vir Media24 in Londen. In 2013 is sy na Nederland om internasionale bedryfsadministrasie te studeer. Sy werk tans deeltyds as kommunikasiebeampte by Hogeschool Wittenborg en het as entrepreneur haar eie klerereeks, We Be Sisters, begin wat sy vanuit Arnhem bedryf.