Breyten Breytenbach

Breyten Breytenbach is gebore op 16 September 1939 in Bonnievale. Hy het kuns studeer aan die Universiteit van Kaapstad en het ’n toegewyde teenstander van die apartheidsbeleid geword. Hy verlaat Suid-Afrika en gaan na Parys, Frankryk in die 1960's. 

In Parys ontmoet hy Yolande Ngo Thi Hoang Lien, ’n Franse vrou van Viëtnamese oorsprong, met wie hy later trou. Kragtens die Wet op Verbod van Gemengde Huwelike 55 van 1949 was Breytenbach se huwelik in sy tuisteland ongeldig. In 1972 word so ’n visum vir die eerste keer toegeken aan hom en Yolande en keer hulle, te midde van groot mediadekking, na Suid-Afrika terug vir ’n skrywerskongres aan die Universiteit van Kaapstad. Tydens ’n onwettige besoek aan Suid-Afrika in 1975 is hy verraai, gearresteer en gevonnis tot nege jaar tronkstraf vir hoogverraad. Na baie internasionale bemiddeling is hy vrygelaat in 1982. 

Wat sy letterkunde betref is Breytenbach met eerste oogopslag klassifiseerbaar as surrealis. Sy debuutbundel, Die ysterkoei moet sweet, kan as 't ware as een van die grootste vernuwende werke van die tyd gesien word. Die surrealistiese invloed en die verkenning van die Zen-Boeddhisme word met gemengde gevoelens in Suid-Afrika ontvang. Dit is egter hierdie bundel wat hom groepeer met ander sogenaamde Sestigers, vernaam Jan Rabie en André P Brink wat ook rondom daardie tyd in Parys gewoon en geskryf het. 

Tans verdeel hy sy tyd tussen Europa, Afrika en die VSA. Hy is ’n gasdosent by die Universiteit van Kaapstad in die Geesteswetenskappe (sedert Januarie 2000) en is ook betrokke by die Gorée-instituut in Dakar, Senegal en by die Columbia Universiteit van New York. 

Breytenbach se werk sluit poësie, romans en essays in. Hy is ook bekend vir sy skilderwerk. 

Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin?

Breyten Breytenbach, Willem de Vries Interviews 2020-04-24

"Ons is ’n bastervolk van vele oorspronge en volledig en onlosmaaklik inheems as Afrikane. Ons is (nie as enigstes nie maar net so 'geregtig' as wie dan ook) van die oorspronklike synsnyers en agter-die-sterre-aan-lopers. Ons taal moes gesmee en gelouter en versoepel word omdat ons hier moes oorlewe, moes andersmaak en andersword. Die storie is nog lank nie verby nie ..."

Die werklike dialoog tussen Nederlands en Afrikaans as anderselwige gelykes begin nou eers. – Breyten Breytenbach

Willem de Vries, Breyten Breytenbach Meningen 2018-02-22

"Breyten Breytenbach het aan Willem de Vries vertel van sy ervaring van ’n Nederland gerig op groter verruiming en bevryding en hoedat 'Afrikaanse-Suid-Afrikaanse-Afrikane se inherente rykdom bestaan in die feit dat ons inheemsheid kom deur ons vermenging'."

 
Verified by MonsterInsights
Top