"Afrikaanse poësie vertel stories van ons land en taal": ’n onderhoud met Carla Botha
2020-11-12"Ek dink my brein geniet Krog se werke, my hart lief Jonker en my gebeendere sidder as ek Breytenbach lees. Elkeen van die digters beklee ’n spesiale plek in my ontdekkingstog na Afrikaanse digkuns." PhD-student (Universiteit van Amsterdam) Carla Botha werk tans by New York University in Abu Dhabi, waar sy voltyds klasse aanbied in akademiese skryfwerk, asook ’n gemengdeliteratuurklas. Sy is ook die stigter van Ons Skryf Afrikaans.