Chànde Frania van der Westhuizen

Chànde Frania van der Westhuizen is in haar eerste jaar as ’n Afrikaans en Neerlandistiek-meestersgraadstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK).

Haar studie fokus op "Ballingskap en vervreemding in die werk van Vernon February en Julian de Wette".

Haar belangstelling is by Nederlandse letterkunde, Afrikaanse ekwivalente en Afrikaans vir die taalpraktyke.

Sy was een van Netwerk24 se Studente van die Jaar vir 2020 (meningsrubriekskrywer) en is tans ’n Graduate Lecturing Assistant (GLA) by UWK.

Gesprek tussen Louise Viljoen en Chànde Frania van der Westhuizen (Universiteit van Wes-Kaapland) oor die poësie van Bekono, Fabias, Kamfer en Phillips (Neerlandistiekdag 2022)

Louise Viljoen, Chànde Frania van der Westhuizen Academisch 2022-10-05

Luister na ’n gesprek tussen Louise Viljoen en Chànde Frania van der Westhuizen (Universiteit van Wes-Kaapland) oor die poësie van Bekono, Fabias, Kamfer en Phillips, opgeneem op 1 Oktober 2022 as deel van Neerlandistiekdag 2022 (aangebied deur die Kaapse Forum Neerlandistiek (KFN)). Neerlandistiekdag 2022 het die tweede Week van het Nederlands in Suid-Afrika (1–8 Oktober 2022) by Studio SASNEV, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, afgeskop.

Top