Chris van der Merwe

Chris van der Merwe is ’n emeritus-professor van die Universiteit van Kaapstad, maar was ook gasdosent by universiteite in Nederland, België, Sentraal-Europa en die VSA. Hy is die skrywer van 'n groot aantal akademiese artikels en ook die outeur of redakteur van sestien akademiese boeke oor die letterkunde, onder andere Tromboniusdagboek en kaart – ’n Boerneef-boek (oor die werk van sy oom, Boerneef), Narrating our Healing – Perspectives on Working through Trauma (2007),  en Die houtbeen van St Sergius – Opstelle oor Afrikaanse romans (2014). Sy latere navorsing fokus veral op die verwerking van trauma in die verhaalkuns en die spirituele element in die literatuur.

Verder is hy die skrywer van ’n uitvoerige inleiding vir Versamelde dramas van N P van Wyk Louw en redakteur van ’n boek oor Anna M Louw (beide 2021).

Vir sy werk as literêre kritikus het hy in 1994 die toekenning "SA joernalis van die jaar" ontvang, en in 2009 die Gustav Preller-prys van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Hy is ook die skrywer van die religieuse boeke Ancient tales for modern times (2008), Die wonder van die goddelike liefde (2014) en Gesprek sonder einde (2016). Die wonder van die goddelike liefde is in Amerika deur Wipf & Stock gepubliseer onder die titel Splendors of Godly Love. In 2022 het Die net is gebreek verskyn, 'n boek oor nederigheid en gebed.

Hy is getroud met Biebie de Villiers en hulle het twee dogters en drie kleinkinders.

Hans Ester ontvang die Van Ewijck-Stigting se prestasieprys: commendatio deur Chris van der Merwe

Chris van der Merwe Literatuur 2023-09-01

"Hans Ester is ’n voortreflike brugbouer tussen kulture en ’n ambassadeur vir die Afrikaanse letterkunde."

Verified by MonsterInsights
Top