Conrad Steenkamp

Conrad Steenkamp is uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad, ’n organisasie wat hom beywer vir die bevordering van Afrikaans in sy volle diversiteit en vir versoening tussen die sprekers van die taal.

Hy is ’n sosiale antropoloog met ’n agtergrond in prosesfasilitering en die bestuur van kulturele en natuurlike hulpbronne, veral op gemeenskapsvlak. 

Gesprek | Die Taalunie en die Afrikaanse Taalraad ruil idees uit

Kabous Meiring, Maarten Vidal, Conrad Steenkamp SASNEV 2021-10-07

Kabous Meiring het Maarten Vidal (Taalunie) en Conrad Steenkamp (Afrikaanse Taalraad) genooi om oor hulle werk, en oor moontlike samewerking, te gesels. Ons deel ook ’n video van twee minute waarin Kris Van de Poel, Karlijn Waterman en Maarten Vidal verduidelik wat die Taalunie doen.

 

Gesprek | Fries, Kaaps, Nederlands en Afrikaans: Wat kan ons van mekaar leer?

Jelle Krol, Ernst Bruinsma, Conrad Steenkamp, Kabous Meiring, Izak de Vries SASNEV 2021-10-07

Fries is ’n Wes-Germaanse taal, baie nou verwant aan Engels, wat steeds in die Nederlandse provinsie Friesland gepraat, geskryf en gelees word. Ernst Bruinsma en Jelle Krol brei uit oor die Friese taal en letterkunde, waarna Kabous Meiring vir Conrad Steenkamp en Izak de Vries betrek om by al vier te hoor wat Kaaps, Nederlands, Afrikaans en Fries by mekaar kan leer.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Kris Van de Poel, Conrad Steenkamp en Maarten Vidal

Freek Robinson, Kris Van de Poel, Conrad Steenkamp, Maarten Vidal Interviews 2020-12-09

Freek Robinson gesels met Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad, Kris Van de Poel, die algemene sekretaris van die (Nederlandse) Taalunie en Maarten Vidal, beleidsekretaris by die (Nederlandse) Taalunie, oor hul samewerkingsooreenkoms.

Verified by MonsterInsights
Top