Cor Winckler

Cor Winckler is in 1969 in Port Elizabeth (nou Gqeberha) gebore en het sy jongjare in Stellenbosch deurgebring. Op die ouderdom van sewe verhuis hulle na Pretoria, waar hy die res van sy skooldae deurgebring het. Ná skool het hy op Stellenbosch studeer en  teen 1994 ’n MSc in rekenaarwetenskap agter sy naam gehad. Teen daardie tyd het hy reeds voltyds gewerk vir ’n klein konsultasiemaatskappy wat deur een van sy dosente gestig is.

Die maatskappy het deur die jare gegroei tot wat deesdae as PBT Group bekend staan.

Cor het saam met die maatskappy gegroei as ’n tegniese konsultant wat in dataverwerking, grootdatastelsels en bestuursinligtingstelsels spesialiseer.

Met die meer onlangse beweging na wolkbewerking (cloud computing) kan werk van feitlik enige plek ter wêreld gedoen word. PBT Group het kantore in Kaapstad, Johannesburg, Melbourne, Dublin en Amsterdam.

Cor het in 2018 by die vestiging van die kantoor in Nederland betrokke geraak.

Emigrasie na Nederland: Wat jy moet weet

Cor Winckler, Izak de Vries Interviews 2022-01-05

Cor Winckler en sy een dogter het kort voor die pandemie na Nederland verhuis. In hierdie onderhoud van 90 minute gee hy gedetailleerde inligting oor wat mense moet weet en doen voor hulle besluit om na Nederland te verhuis.

Verified by MonsterInsights
Top