Emigrasie na Nederland: Wat jy moet weet

  • 0

Cor Winckler en sy een dogter het kort voor die pandemie na Nederland verhuis.

In hierdie onderhoud van 90 minute gee hy gedetailleerde inligting oor wat mense moet weet en doen voor hulle besluit om na Nederland te verhuis.

  • Hoe doen ’n mens se nuwe werkgewer aansoek om jou te registreer vir ’n werkspermit gebaseer op jou skaars vaardighede?
  • Wat is die voordele van so ’n permit?
  • Wat moet jy weet oor die huur van ’n huis in Nederland?
  • Wat moet jy weet oor die koop van ’n huis in Nederland?
  • Waar en wanneer kry jy ’n fiets?
  • Hoe werk ’n rybewys in Nederland?
  • Wanneer registreer jy vir mediese dekking?
  • Hoe kry jy ’n mediese dokter?
  • Hoekom moet jy nie jou Suid-Afrikaanse hangkas (die meubelstuk) saamneem na Nederland nie?
  • Wat van ’n wasmasjien?
  • Hoe gemaak met kragproppe in Nederland?
  • Hoe kry jy jou troeteldiere uit Suid-Afrika na Nederland?
  • Sal jy jou kinders na ’n goeie skool of universiteit kan stuur as jy in Nederland bly?

Dit en veel meer word gedek.

Cor se stasiefiets

Sy vrou en ander dogter sou kort daarna volg. Toe word die grense gesluit weens die virus. Hoe het dit hulle geraak?

Die middestad van Utrecht

Cor vertel ook waarom hulle in Utrecht woon as sy werk in Amsterdam is.

Een van die bergfietsroetes

Hy deel staaltjies oor fietsry en roei, oor gewoond raak aan bestuur aan die “verkeerde” kant van die pad en hoe om fietsryers in ag te neem as jy in ’n motor is of te voet.

Op een van die kanale

Sien ook:

Being a Dutch immigrant: Physical freedom versus social freedom

Emigrating to the Netherlands: “So much is so different.”

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top