Deon du Plessis

Deon du Plessis is gebore en getoë in Klerksdorp in die ou Wes-Transvaal. Hy studeer aan die Potchefstroomse Onderwyskollege en later ook aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou NWU).

Hy betree die onderwys in 1988 te Laerskool Goudkop, ’n puik Afrikaanse skool in Klerksdorp, en word later bevorder tot departementshoof Opvoedkundige Leiding. Hy bied Engels aan, wat volgens hom “in die verre Wes-Transvaal natuurlik net uit selfverdediging gepraat word”.

Na 13 jaar verruil hy sy klas vir die versekeringsbedryf. In hierdie tyd verdiep hy hom in finansies en hoe die finansiële mark en produkte funksioneer. Hy begin later sy eie makelary, wat baie goed vaar. Sy passie bly steeds die onderwys en hy doen ook nadat hy reeds uit die onderwys was, honneurs in onderwysbestuur, -reg en -stelsels. Hy het steeds die begeerte om ’n verskil in die lewens van jongmense te maak. Voordat Deon en sy gesin na Nederland verhuis, doseer hy onderwysbestuur by die NWU (Potchefstroom-kampus).

Die gesin woon in Voorschoten in Nederland en geniet dit baie. Rugby bly steeds Deon se sportpassie en hy leef dit ten volle uit. Hy is tans hoofafrigter van die Amstelveense Rugbyklub. Hy is getroud met “die liefde van [sy] lewe”, Ester, ook ’n pedagoog, wie se voorliefde die preprimêre onderwys is. Hulle het ’n dogter, Jolundi, wat getroud is met Dave (Engelsman), en ’n pragtige kleindogter, Jadie; hulle woon ook in Nederland en is betrokke by die Britse Internasionale Skool in Voorschoten.

Nederland en rugby

Deon du Plessis Meningen 2018-01-23

"Ek is baie bevoorreg om deel te wees van die toekoms van hierdie pragtige sport in Nederland."

Top