Didi Potgieter

Didi Potgieter woon haar lewe lank op Potchefstroom in Noordwes. Vandat sy kan onthou, skryf sy liefdesverhale in haar kop, maar ’n finalejaarsopdrag het haar gedwing om dit op papier te waag. So het Leer my liefhê, haar eerste Romanza, die lig gesien. Met ’n man en twee kinders en die verantwoordelikheid van brood op die tafel sit, was haar program amper oorvol en tyd vir skryf maar min. Tog het die stories en die karakters bly opduik en aan die begin van 2017 het Didi besluit om voltyds te begin skryf. 

Haar mening is dat die lewe doodeenvoudig te kort is om nie die kans te vat nie en met soveel onvertelde stories nog in haar kop en hart, hoop sy om van haar loopbaan as liefdesverhaalskrywer ’n sukses te maak. Met ’n man wat uit sy eie die skottelgoedwasser uitpak en twee kinders wat haar altyd ondersteun, kan dit seker nie anders nie.

  • Foto: verskaf

 

Lewenslesse van Rome, met liefde

Didi Potgieter Reizen 2019-09-12

"Dit is nie die pragtige geboue en ryk geskiedenis van die Italianers wat drie maande na ons reis soms nog my asem wegslaan nie, maar die belangrike lewenslesse wat ons op die reis geleer het wat ons steeds op die alledaagse lewe kan toepas."

Verified by MonsterInsights
Top