DJ Cloete

DJ Cloete is ’n dosent by Akademia en het ’n BA-graad in tale, asook ’n honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline, aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy het ook sy NGOS-kwalifikasie by Akademia verwerf. DJ het ’n wye belangstelling in die werkinge van taal en het al meegewerk aan internasionale projekte wat Skryfhulp Afrikaans insluit. Voor sy huidige posisie was hy was ’n lektor in taalkunde aan die Noordwes-Universiteit en ook nou betrokke by projekte wat deur ICELDA en SADiLaR geloods is. Hierdie projekte se doel is om hulpmiddels daar te stel wat studente tydens hulle akademiese loopbaan kan ondersteun. Hy was ook projekbestuurder van ’n nuwe boek oor Afrikaanse toegepaste taalkunde, getitel Toegepaste taalkunde in Afrikaans (2022). DJ is die voorsitter van die Jongerenprojeknetwerk en geniet dit om mee te werk aan hierdie akademiese en kulturele uitruilprojek wat daarop fokus om bande tussen Suid-Afrika, Namibië, België en Nederland te bou.

Die Jongerenprojek-reis 2024

DJ Cloete Cultuur 2024-09-18

"Die Jongerenprojek se deelnemers vanuit Nederland en België het vanjaar na Suider-Afrika (Suid-Afrika en Namibië) gereis as deel van dié akademiese en kulturele uitwisselingsprogram. Die besoek het plaasgevind tussen 23 Julie en 13 Augustus 2024, en die 14 deelnemers saam met twee begeleiers het die geleentheid gehad om verskeie streke in Suid-Afrika (Gauteng, Noordwes, Kaap, Boland) en Namibië (Windhoek en Swakopmund) te besoek."

Verified by MonsterInsights
Top