Eben Venter

Eben Venter (geb. 1954) word op ’n skaapplaas in die Oos-Kaap groot. Na skool doen hy ’n jaar diensplig in die Suid-Afrikaanse Lugmag en veg in die Angolese oorlog. Hy spesialiseer in Filosofie op universiteit en in 1986, die Jaar van die Noodtoestand, emigreer hy na Australië. Daar verdien hy vir 17 jaar sy brood en botter as ’n sjef. Hy het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer en woon in Prince Albert saam met sy lewensmaat, Gerard Dunlop. 

Venter het twee kortverhaalbundels en vier romans gepubliseer. Hy het al drie maal die WA Hofmeyr-prys vir Afrikaanse roman van die jaar verower. Talle van sy kortverhale is in versamelbundels opgeneem, onlangs in The New Century of South African Short Stories. Sy romans is in Nederlands en Duits vertaal. Hy het die afgelope April en Mei kursusse in skeppende skryfwerk by universiteite in Pole en die Tsjeggiese Republiek aangebied.

Tweespraak van Yves T’Sjoen met Eben Venter: "Aan die vrese het egter niks verander nie"

Yves T'Sjoen, Eben Venter Literatuur 2023-08-21

"Ek het vir ’n lang ruk van my skrywerslewe aan Afrikaans as skeppingstaal vir my romans vasgehou. Ek gebruik opsetlik die woord 'vashou', want ek wou my lojale Afrikaanse lesers béhou en bly respekteer."

Week van de Afrikaanse roman 2019: ’n onderhoud met Eben Venter

Naomi Meyer, Eben Venter Interviews 2019-09-12

"My nuwe boekprojek pak sonder twyfel ’n huidige, wêreld-relevante tema aan."

Verified by MonsterInsights
Top