Irma: ’n interkulturele en multidissiplinêre gesprek oor identiteit in kuns
2022-05-26"Irma is ’n akademies-kreatiewe oefening tussen die teatermakers Eva Bartels (Nederlandse teatermaker) en Iman Isaacs (Suid-Afrikaans van Kaap-Maleise herkoms). Irma, wat in Mei by Artscape opgevoer was, maak deel uit van Bartels se globale ondersoekreis waartydens sy beplan om tien teaterwerke oor tien vrouekunstenaars te maak. Isaacs se bevraagtekenende teenwoordigheid oor hoekom daar op 'nog ’n wit kunstenaar' gefokus moet word [...], word sonder enige eufemismes op die voorgrond geplaas. As ’n gevolg fokus die produksie grootliks op Stern se blik op die randfiguur (Bahora girl, Arab priest, African figure with blue headress, Maid in uniform, om net ’n paar te noem) en word Stern se posisionering as ’n buitestander tot hierdie lewens wat sy skilder, beklemtoon."