Estelle Kruger

Estelle Kruger het vir 11 jaar Afrikaans-onderrig aan onderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch gedoseer. Tans is sy steeds in haar vrye tyd buitengewone senior lektor by die Departement Kurrikulumstudies aldaar en in 2010 het sy ook leesgeletterdheid vir Hons BEd-studente by CPUT in Wellington aangebied.

Vir ’n MA het sy gespesialiseer by UKZN in die onderrig van ’n addisionele taal en haar PhD by die Universiteit Stellenbosch handel oor die integrasie van humormateriaal in die onderrig van Afrikaans aan onderwysstudente.

Sy het 16 akademiese artikels geskryf wat in verskeie geakkrediteerde akademiese tydskrifte gepubliseer is en sy ontvang in 2006 die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch se toekenning vir voortreflike onderrig.

Vir die afgelope paar jaar was Estelle ’n onderrigverrykingskonsultant en het werksessies vir WKOD-onderwysers aangebied oor die stimulering van verbeelding in die onderrig van kreatiewe skryf (in Afrikaans en Engels), asook die onderrig van Afrikaans as addisionele taal vir onderwysers van die vakbond Naptosa.

Ook in 2015 was Estelle die programontwikkelaar van haar oud-kollega Richard Stanley se Breingebaseerde Leerprojek in Mitchellsplein vir Gr 10-leerders van Oval North Sekondêr. Sy het ook boeke in vir hierdie skool se ontwikkelende biblioteek ingesamel.

Verder het Estelle in 2016 vir Hons B.Ed-studente by Stellenbosch Universiteit ’n module oor Kreatiewe Skryfonderrig aangebied. Haar webtuiste hiervoor is www.klaskenades.wordpress.com waar haar studente se kreatiewe skryfsels gelaai kon word en sy met hulle ook interaktief op die webtuiste gekommunikeer het. Sy het oor naweke saam met die ATKV landwyd getoer om ’n sessie hieroor aan te bied vir onderwysers van Gr 10-12 Huistaal en Eerste Addisionele Taal. Hierdie sessie het sy ook aangebied vir GeRAT in Bellville.

Estelle se swanesang as buitengewone senior lektor was om vir die Departement Afrikaans en Nederlands by Stellenbosch Universiteit in 2017 ’n verrykingsessie vir Honneursstudente aan te bied oor Addisionele Taalonderrig.

Tans woon en werk sy rustig in “Slow Town” oftewel Sedgefield. Sy leef haar passie uit in die baie wonings van LitNet, waar sy ’n bydrae lewer om Afrikaans as wetenskaptaal te bevorder en om goeie nuus oor betekenisvolle gemeenskapsprojekte te versprei deur middel van haar nuut ontwikkelde joernalistieke vaardighede om e-gesprekke met navorsers en mense wat ’n verskil maak in die samelewing te voer.

Estelle Kruger is die Redakteur: Opvoedkunde van LitNet Akademies.

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

Estelle Kruger, Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort, Nicol Faasen, Henriëtte Loubser Academisch 2020-08-25

Ronel van Oort: "Voordat daar van selfgerigte lees gepraat kan word, behoort leerders in multikulturele klasse eerstens sodanig deur die onderwyser geïnspireer te word om letterkunde te geniet, en tweedens om leesstrategieë te gebruik om selfgerig te kan lees en leer." 

Gemeenskapsprojekte – mense wat ’n verskil maak: freshStart, Sedgefield

Estelle Kruger Interviews 2018-08-28

"freshStart se leuse is om mense te help om hulself te help. Dit is dus ’n gemeenskapsprojek met ’n verskil: ons wil kinders bemagtig om hulself te help dmv herwinning. Hulle leer onder andere lewenslesse soos harde werk, beplanning, spaar en getrouheid."

Verified by MonsterInsights
Top