Francois van Coke oor die suburbs en sy nuutste album
2019-11-18"Ek het grootgeword in die ’burbs en wou my hele lewe wegkom. Vanuit Bellville was Kaapstad baie ver en vol mistiek. Ek het vir myself uit suburbia uit gedroom toe ek ’n kind was. Ek het gesoek na iets anders as die vervelige, tradisionele bestaan."